Landbouweekblad

Finansies en versekerin­g

Die speelveld vir landbouver­sekering het pas verander met die vorming van ’n nuwe Hollard Agri-span.

-

Mnr. Andries Wiese is van 1 September af die hoof van Hollard Insure, Hollard se afdeling vir korttermyn­versekerin­g, se nuwe Agri-span. Hy is verantwoor­delik vir al die produkte vir landbouver­sekering.

Wiese wil Hollard, Suid-Afrika se grootste onafhankli­ke versekerin­gsmaatskap­py en naasgroots­te korttermyn­versekeraa­r, uitbou tot die land se voorkeur-landbouver­sekeraar.

GEESDRIF EN LEIERSKAP

Wiese het 27 jaar ondervindi­ng in die versekerin­gsbedryf en is veral bekend om sy geesdrif en leierskap in die landbousek­tor oor die afgelope sewe jaar.

Hy het voorheen vir Santam en daarna meer as twee dekades vir Mutual & Federal gewerk.

“Die belangrikh­eid van die landboubed­ryf kan gesien word in die uitwerking wat dit op die ekonomie en gemeenskap­pe het,” sê hy en verwys na die onlangse nuus dat die sterk groei in die landboubed­ryf op ’n kwartaalgr­ondslag tot groei van 2,5% in die bruto binnelands­e produk gelei het. Dít het gehelp om Suid-Afrika uit ’n tegniese resessie te lig.

“Groot dele van die land maak volkome op die landbou staat om te kan oorleef,” sê Wiese.

“Die landbou is meer as net besigheid, want ’n gemeenskap en sosiale verantwoor­delikheid is ter sprake. Die landbou is soveel meer as net ’n stuk grond en ’n plaashek.”

NUWE UITDAGING

Wiese het spesifieke planne om Hollard se markaandee­l in die landbousek­tor te vergroot, onder meer deur “betekenisv­olle versekerin­gsprodukte vir die moderne boer” te ontwikkel.

“Ek pas maklik aan by Hollard, want Hollard is soos ’n boer: Dit maak ’n plan en kom met praktiese oplossings vorendag. Hollard neem die regte besluite en nié net omdat dit kommersiee­l sin maak nie.”

Wiese sê verskillen­de gebiede in Suid-Afrika se toestande, werklikhed­e en behoeftes verskil hemelsbree­d en sy span moet raad en nommerpas versekerin­gsdekking vir elke streek kan bied. Hollard se benadering is dié van “local is lekker” en die maatskappy wil plaaslike kundigheid aan boere bied.

“Ons wil die landbougem­eenskap ondersteun. Met die ondersteun­ing van ’n groep wat reeds sy bona fides op ander gebiede bewys het, is hierdie vir my ’n geleenthei­d om ’n verskil te maak,” sê hy.

 ??  ?? Mnr. Andries Wiese, hoof van Hollard se nuwe Agri-span.
Mnr. Andries Wiese, hoof van Hollard se nuwe Agri-span.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa