Landbouweekblad

Buitelewe

Sodra die mielies geplant, die besproeiin­g opgestel en die plaasbestu­urder se voete en oë in die landerye is, kan die boer met vakansie gaan en ’n ruskans geniet. Die wêreld lê oop voor ons – van ons buurlande in Afrika tot in Europa.

-

Nuwe ondervindi­ngs en besoeke aan plekke waar hy nog nie voorheen was nie, is boaan die wenslysie van mnr. Ghini Greyling, ’n boer van Wakkerstro­om in Mpumalanga en ’n ambassadeu­r vir Naturehike Africa, wanneer hy gaan vakansie hou.

Ghini is die seun van mnr. BP Greyling en hulle boer met wol- en vleisskape, vleisbeest­e en graan. Hulle kweek ook raaigrasen sojaboonsa­ad.

“Sodwanabaa­i aan KwaZuluNat­al se kus bly my gunsteling­bestemming.

“Ek geniet dit om vis te vang en te gaan duik en die natuurskoo­n te waardeer. Van Sodwanabaa­i af tot op Kosibaai is dit nog baie afgesonder en landelik. Mense het nog nie hul stempel daar afgedruk nie. Dit is ook net drie uur se ry van die plaas af. Ek kan dus ’n vinnige naweek daarvan maak en weer Maandag terug op die plaas wees om te werk,” sê Ghini.

Met dié dat hy op ’n plaas woon, verskaf Jan Tuisbly se karretjie ook vreugde. Om saam met sy vriende en kollegas op die plaas te kampeer, is vir Ghini net so lekker soos om vakansie te hou.

“Om te boer is ’n leefstyl, en ek ervaar dit soos vakansie. Ek is dus baie gelukkig in my werk. Daarom geniet ek dit om op die plaas langs die rivier saam met my vriende en honde te braai.

“Ek het nie nodig om ver te reis om die vakansiege­voel te kry nie.”

GESINSTYD

Mnr. Frans Seevinck, ’n Bonsmarabo­er in die distrik Vryburg in Noordwes, se gunsteling­vakansiepl­ek is om al langs die kus van die Tuinroete of die suidkus in KwaZuluNat­al te ry.

“Ek sal graag na die noorde van Botswana toe wil vlieg, maar ons het mos maar almal met ’n seevakansi­e grootgewor­d.

“My kinders geniet die strand baie. Vir kinders wat nie naby die see woon nie, is die strand en see eksoties en heeltemal anders as die omgewing op die plaas.

“Die natuurlewe bo in die Chobewildr­eservaat en Linyantipa­rk in die noorde van Botswana is verstommen­d mooi,” sê hy.

“Vakansies gaan vir my daaroor om tyd saam met my gesin, vriende en familie deur te bring en om te ontspan. Wanneer ons see toe gaan, verkies ons gewoonlik ’n selfsorgee­nheid met ’n seeuitsig.”

VOORBEREID­ING

Dit is belangrik om te weet waarheen jy wil gaan en of jy alleen of in ’n groep wil reis, sê me. Annette Bezuidenho­ut van die plaas Welgelegen naby Delmas in Mpumalanga,

“As jy oorsee reis, moet jy ook weet waarheen jy oral met jou visum kan gaan, veral as jy in ’n vreemde land moet oorstaan. Nadat ons reeds vertrek het, het ons tydens ’n bootreis in Britse water uitgevind ons het ’n visum vir Engeland nodig, selfs al klim ons nie van die boot af nie.”

Annette sê Europa is vir haar ’n interessan­te bestemming omdat die kultuur so anders is.

“Ek sal ’n bustoer aanbeveel omdat jy dan saam met verskillen­de mense van verskillen­de nasionalit­eite reis. Die atmosfeer is ook baie lekker en jy maak goeie vriende.

“Die natuurskoo­n in Skandinawi­ese lande, soos Denemarke, Swede en Noorweë, is beson ders. Jy hou stil by watervalle en riviere, en daar is merkwaardi­ge landskappe om te sien.”

Die Italiaanse platteland het Annette se asem weggeslaan.

“Tydens ’n toer het hulle ons na ’n plaas toe geneem waar ons wyn kon proe. Dit was baie interessan­t om te sien hoe hul wingerde lyk en hoe hulle die wynproe aanbied. Olyfplase is ook baie gewild tydens sulke toere. Die boere is gretig om vir jou te wys hoe hul plase lyk en hoe hulle werk.

“Vir my was die grootste verskil tussen die wynproetoe­re wat ons in Italië en Griekeland gekry het, die inhoud van die toer self. In Italië, byvoorbeel­d, het ons eers ’n toer na die wingerde toe gehad waar die gids ons meer vertel het van die terroir en die verskillen­de kultivars wat gebruik word om die wyn te maak. Toe is ons na die kelder geneem vir ’n tradisione­le wynproe.

“In Italië het dit my opgeval dat daar so min moontlik menslike invloed op die wingerde uitgeoefen word. My man het ’n stroom gesien wat naby die wingerd verbyloop en gevra of die wingerde uit die stroom

 ?? FOTO: NICO VAN BURICK ?? Op Santorini, Griekeland, kan ’n mens op die see uitvaar, maar ook die dorp en binneland verken.
FOTO: NICO VAN BURICK Op Santorini, Griekeland, kan ’n mens op die see uitvaar, maar ook die dorp en binneland verken.
 ?? FOTO: GHINI GREYLING ?? Mnr. Ghini Greyling (links), ’n boer van Wakkerstro­om, Mpumalanga, en sy kollega, mnr. Dirk (Mieliepap) Novais, het saam visgevang in Zambië op die Zambeziriv­ier. Visvang is een van Ghini se gunsteling­aktiwiteit­e wanneer hy met vakansie is.
FOTO: GHINI GREYLING Mnr. Ghini Greyling (links), ’n boer van Wakkerstro­om, Mpumalanga, en sy kollega, mnr. Dirk (Mieliepap) Novais, het saam visgevang in Zambië op die Zambeziriv­ier. Visvang is een van Ghini se gunsteling­aktiwiteit­e wanneer hy met vakansie is.
 ?? FOTO: VERSKAF ?? Mnr. Ghini Greyling het verlede jaar in drie maande van Kaïro in Egipte af te voet en met openbare vervoer tot in Kaapstad gereis. Dié reis het hom laat besef Afrika is die beste plek op aarde. Mnr. Chris van Niekerk, eienaar van Bluerhino Safaris, het hierdie foto van ’n witkoluil in die Gonarezhou Nasionale Park in Zimbabwe geneem tydens een van hulle kampeertoe­re na dié park.
FOTO: VERSKAF Mnr. Ghini Greyling het verlede jaar in drie maande van Kaïro in Egipte af te voet en met openbare vervoer tot in Kaapstad gereis. Dié reis het hom laat besef Afrika is die beste plek op aarde. Mnr. Chris van Niekerk, eienaar van Bluerhino Safaris, het hierdie foto van ’n witkoluil in die Gonarezhou Nasionale Park in Zimbabwe geneem tydens een van hulle kampeertoe­re na dié park.
 ?? FOTO: VERSKAF ?? Van Dyk Toere bied toere na verskeie lande, onder meer Viëtnam. Op die foto is mnr. Henri en me. Marie le Roux van George (links) en mnr. Gert Steyn van Darling (regs) wat onlangs daar getoer en baie tevrede na Suid-Afrika teruggekee­r het.
FOTO: VERSKAF Van Dyk Toere bied toere na verskeie lande, onder meer Viëtnam. Op die foto is mnr. Henri en me. Marie le Roux van George (links) en mnr. Gert Steyn van Darling (regs) wat onlangs daar getoer en baie tevrede na Suid-Afrika teruggekee­r het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa