Landbouweekblad

Markte

- — THEUNS BOTHA

Altesame 17,4 miljoen ekwivalent­e kartonhoue­rs pere is tot dusver vanjaar vir die uitvoermar­k goedgekeur. Dit is sowat 2% minder as in die vorige produksiej­aar.

Volgens Hortgro het die uitvoervol­ume van Forelle-pere egter met 8% teenoor verlede jaar gestyg. Die toename word hoofsaakli­k toegeskryf aan jong boorde wat in drag gekom het. Die grootste daling in uitvoer was ten opsigte van Abate Fetel en Vermont Beauty wat met onderskeid­elik 14% en 13% teenoor die vorige produksiej­aar afgeneem het.

Volgens die 2016-boomsensus is daar tans 12 279 ha peerboorde in Suid-Afrika. Peerboomaa­nplantings het sedert 2007 met 7% toegeneem. Die belangriks­te produksieg­ebiede is Ceres (waaronder Wolseley en Tulbagh) met 49%, gevolg deur Elgin (waaronder Grabouw, Villiersdo­rp en Vyeboom) met 21% en die Langkloof (15%).

Hortgro sê die ouderdomsv­erspreidin­g van peerbome is baie gesond, met sowat 6% van alle aanplantin­gs wat tot drie jaar oud is. Cheeky is veral een van die nuwe kultivars wat in gewildheid toeneem. Aanplantin­gs daarvan het in die afgelope vyf jaar van 146 ha tot 348 ha verdubbel.

Sowat 49% van Suid-Afrika se peer-oes word uitgevoer, met 14% wat plaaslik verkoop word en 34% wat ingemaak word. Net sowat 3% van die oes word gedroog.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa