Landbouweekblad

Angus gesels

- ANGUS GESELS

In Spreuke 14:12 staan: “Daar is ’n lewenswyse wat vir ’n mens reg kan lyk, maar die uiteinde daarvan is die dood.” Die dae van “boer maak ’n plan” is verby. Ons kan nie net ’n kans waag nie, want ons het nie meer die ruimte om foute te maak nie. Ons moet dinge van die begin af reg doen, want ’n swak besluit laat ’n boer vinnig ondergaan. Ons het die Woord van God tot ons beskikking en ons moet dit gebruik. As ons as boere sukses wil behaal, moet ons Goddelike raad vra. Ons sal van God hoor as ons tyd in gebed deurbring, die Woord van God lees en inligting van ander Godvresend­e mense kry. Die uiteindeli­ke besluit kom van die vrede in jou hart. Met ander woorde as jy twyfel, moet dit nie doen nie.

’n Spesiale woord aan jong boere: Moenie arrogant en trots word nie, maar vra eerder Goddelike raad by die ouer mans wat jou sal help. Onthou die verhaal van Josef en sy veelkleuri­ge jas. Hy het na Farao gegaan en vir hom gesê daar gaan sewe maer jare en sewe vet jare wees (Gen. 41). Die sewe goeie jare is die tyd om te konsolidee­r, jou skuld te betaal en jou beeste, landerye en trekkers te verbeter, want daar sal beslis sewe maer jare kom. ’n Wyse boer sal dit oorleef as hy God gehoorsaam en nie geld in die geil jare gemors het nie.

Een van die grootste gevare in die landbou is om by die bure te probeer byhou. Vrees eerder God in jou lewe en staan as ’n wyse man bekend. Job was naas Abraham en Moses waarskynli­k die bekendste boer in die Bybel. Job 28:28 lui: “En Hy het vir die mens gesê: Om die Here te dien, dit is wysheid, om die kwaad te vermy, dit is insig.”

Job het ’n groter vrees vir God as vir mense gehad, en dít is hoekom hy sukses behaal het.

Kom ons begin om vir Jesus te boer en nie vir trots en arrogansie nie. As ons ons boerdery volgens God se beginsels bestuur, sal Hy met elke tree vir ons leiding gee.

Lekker boer.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa