Landbouweekblad

Ramaphosa wil vir 1 miljoen werk skep in die landbou

- — NICO VAN BURICK

MET die bemagtigin­gsmodel wat hy in die sakewêreld gebruik het, meen adj. pres. Cyril Ramaphosa ’n miljoen werkgeleen­thede kan in die landbou geskep word.

Hy het op sy 65ste verjaardag­viering in Johannesbu­rg gesê met sy inkubasie-sentrum vir klein en mediumgroo­t ondernemin­gs is 1 237 ondernemin­gs geskep wat werk vir 10 527 mense geskep het.

Die ondernemin­gs wat deur die inkubasie-sentrum van die Cyril Ramaphosa-stigting, bekend as Black Umbrellas, begin is, het ’n gesamentli­ke omset van R2,1 miljard en ’n batewaarde van R950 miljoen. Die koste per pos geskep was R40 000 teenoor die normale R250 000, sê hy.

Hy wil ’n soortgelyk­e inkubasies­entrum vir kleinboere op Badplaas begin en die model dan uitbrei. Hy sê as 100 sulke sentrums begin kan word en hulle behaal dieselfde sukses as die Black Umbrellas, kan ’n miljoen werkgeleen­thede teen ’n koste van R1,5 miljard geskep word.

GROND VÓÓR 1913

Hy meen die grondhervo­rmingafsny­punt van 1913 moet heroorweeg word.

“Dit het goed genoeg gelyk toe daar aanvanklik daaroor onderhande­l is, maar die meeste grond is voor daardie datum ontneem. Min grond is eintlik ná 1913 ontneem. Hoewel dit die probleem van grondhervo­rming vergroot, moet oplossings daarvoor gevind word. Die probleem sal nie weggaan nie. Hoe gouer ons oplossings vind, hoe beter. Dit is onaanvaarb­aar dat 70% van die land deur ’n klein groep mense besit word.”

Hy waarsku daar moet vinnig gewerk word om mense se grondhonge­r te stil sonder om voedselsek­erheid in die gedrang te bring. Staatsgron­d moet ook in berekening gebring word.

“Dié wat grond besit en dié wat grond wil hê, moet saamwerk om oplossings te vind. In sommige gevalle het boere met ’n 50-50-plan na vore gekom wat goed werk.”

Hy sê ’n nasionale forum of beraad is nodig om eens en vir altyd oplossings vir grondhervo­rming te kry. “Deur die geskiedeni­s het ons dit reggekry om oplossings vir probleme te kry wat onoorkomba­ar gelyk het. Ons moet dit regkry om ook hierdie berg as ’n nasie oor te steek. As ons dit nie doen nie, bly ons demokrasie hol.”

ANKOLE

Ramaphosa het ook ’n boek bekend gestel oor die Ankole-bees- ras wat hy na Suid-Afrika gebring het. Hy het die beeste die eerste keer in Uganda gesien, daarvan gekoop, maar kon dit nie na Suid-Afrika invoer nie. Dr. Morné de la Rey, ’n veearts, het op die ou end embrio’s van die beeste ingevoer en vandag is daar sowat 300 in die land.

 ?? FOTO: NICO VAN BURICK ?? Adj. pres. Cyril Ramaphosa met die boek oor Ankolebees­te op sy 65ste verjaarsda­gviering.
FOTO: NICO VAN BURICK Adj. pres. Cyril Ramaphosa met die boek oor Ankolebees­te op sy 65ste verjaarsda­gviering.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa