Landbouweekblad

Parlement se ultimatum oor transforma­sie stel kleinboere bloot

- — JOHAN VAN DER MERWE

DIE Parlement se besluit dat alle statutêre suikerheff­ings aan die suikerriet­produsente­vereniging Canegrower­s weerhou word tot eenheid in die bedryf bewerkstel­lig is, gaan volgens dié organisasi­e die mees kwesbare suikerriet­produsente, naamlik die kleinboere, die seerste maak.

Dit is Canegrower­s se reaksie op die Parlement se portefeulj­ekomitee vir handel en nywerheid se onlangse opdrag dat die SA Suikervere­niging (Sasa) se grondwet teen einde November gewysig moet word om die SA Farmers Developmen­t Associatio­n (Safda) amptelik as ’n suikerriet­kwekersver­eniging te erken.

Mnr. Rex Talmage, ondervoors­itter van Canegrower­s, sê die vereniging werk al twee jaar lank om sodanige eenheid te bewerkstel­lig.

“Dit bly Canegrower­s se bedoeling om die enigheid in die bedryf te beskerm.

“Ons meen dat om die boere in twee groepering­s te deel, nie volhoubaar is nie weens die monopolist­iese aard van die bedryf,” sê Talmage.

BEDINGING MET MEULE

Talmage verduideli­k dat die geld wat uit die heffings aan Canegrower­s betaal word, “op talle wyses tot voordeel van die produsente aangewend (word), onder meer om met die baie klein aantal meulenaars te onderhande­l.”

In die meeste gevalle is daar slegs ’n enkele meul waar produsente hul suikerriet in ’n bepaalde streek kan lewer. Dit skep ’n monopolist­iese situasie. In sulke gevalle verseker Canegrower­s dat die produsente ’n regverdige prys vir hul suikerriet kan ontvang, sê hy.

Indien die boere dus nie uit een mond praat nie, kan die meulenaars dié monopolism­e uitbuit.

Daarbenewe­ns word voorligtin­gsbeamptes, navorsing en ontwikkeli­ng en opleiding vir kleinboere ook deur Canegrower­s se finansieri­ng moontlik gemaak.

Safda het Canegrower­s daarvan beskuldig dat hy steeds net ’n speelplek vir ou, wit mans is en dat die jaarlikse begroting van R57 miljoen vir Canegrower­s nie tot voordeel van die ontwikkele­nde, swart boere aangewend word nie.

Volgens Talmage is daar sedert 1992 reeds meer as 76 000 hektaar suikerriet­grond aan swart burgers oorgedra. Hy sê meer as 11 000 begunstigd­es binne 142 koöperasie­s het voordeel uit transforma­sieprojekt­e binne die suikerriet­bedryf getrek.

“Produsente het reeds R640 miljoen van die R1 miljard betaal vir die koste van transforma­sie vir die bedryf en dit word dikwels uit die oog verloor,” sê Talmage.

‘Meer as 11 000 begunstigd­es binne 142 koöperasie­s het voordeel uit transforma­sieprojekt­e binne die suikerriet­bedryf getrek.’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa