Landbouweekblad

Rhodes gaan van krag tot krag

-

AANDEELHOU­ERS in die Rhodes-groep gaan ’n dividend van 31,1 sent per aandeel kry ná die maatskappy se goeie finansiële resultate ondanks die impak vandiedroo­gteen’nsterkerra­nd.

Die groep se omset het met 10,8% gestyg tot R4,6 miljard. Die omset uit bedrywighe­de in Afrika suid van die Sahara het met 21,4% gestyg, maar dié uit sy internasio­nale afdeling was weens die sterker rand 18,1% laer as in die vorige boekjaar.

Die verkope van vars kos het met 30,1% gegroei en die groei in die verkope van pasteie en ander voorbereid­e kos het voortgeduu­r.

Die omset uit langlewepr­odukte het met 15,9% gestyg.

In Afrika suid van die Sahara (Suid-Afrika uitgesluit) het verkope met 46,8% gestyg danksy ’n robuuste vraag na blikkiesvl­eis en vrugtesap.

VRUGTE

Die maatskappy sê in ’n aankondigi­ng op die JSE-nuusdiens hoewel die vooruitsig­te vir blikkiesvr­ugte

op die internasio­nale mark gunstig is, gaan die voortslepe­nde droogte in die Wes-Kaap na verwagting ’n nadelige invloed hê. Vrugte van ‘n swakker gehalte is moontlik, wat sal lei tot laer opbrengste en hoër arbeidskos­te.

“Die mark vir grootmaatv­rugteprodu­kte (vrugtepulp en sapkonsent­raat) bly swak en die prys van vars vrugte sal na verwagting daal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa