Landbouweekblad

SLAAN VOËLGRIEP HOK

-

Voëlgriep het die pluimveebe­dryf in ’n wurggreep en miljoene rande se skade is deur die virus aangerig. Wêreldwyd is geen teenmiddel vir die virus beskikbaar nie. Al word die virus op ’n plaas hokgeslaan, kan dit steeds deur wilde voëls versprei word.

Eagle Eye Bird Control (EEBC) het egter ’n praktiese oplossing om soveel moontlik kontak tussen wilde voëls en pluimvee te verhinder.

EEBC beywer homself om die omgewing rondom die hoenderhui­se so ver as moontlik skoon te hou van wilde voëls én hul mis, waarin die voëlgriepv­irus ook oorgedra kan word. EEBC begin gewoonlik met ’n ondersoek na die konstruksi­e van die hoenderhui­se. Enige openinge aan die buitekant van hoenderhok­ke word dan dig toegemaak. EEBC wil onder meer keer dat wilde voëls toegang kry by inkomplekk­e rondom die hoenderhui­se.

Daar is twee opsies. Die eerste opsie behels die installasi­e van reflektere­nde produkte bo-op die hoenderhui­se. Dié produkte reflekteer die sonlig op só ’n manier dat dit baie irriterend vir die voëls is, terwyl dit ook die korrekte kleurspekt­rum reflekteer wat wilde voëls met gevaar assosieer. Die eenhede bo-op die dakke vorm dan ’n laag flitse bo-oor die hoenderhui­se wat veroorsaak dat die voëls hul vlugroete verander om die flitse te vermy.

Die tweede opsie is om voëlnette te installeer. Dit werk veral vir hoenderhui­se wat nie dig geseël kan word nie of vir plase met vrylopende hoenders. Die huise word toegespan met die nette om te keer dat die wilde voëls in kontak met die hoenders kom.

Al die produkte is te kry met ’n volledige stel installasi­e-instruksie­s en is só verpak dat kontrakteu­rs nie na die plaas hoef te gaan om die installasi­es te doen nie. Die doel daarvan is om die fitosanitê­re integritei­t van die hoenderhok­ke te beskerm. Prys: Op aanvraag. NAVRAE: EEBC, e-pos: info@eagleeye.co.za, sel 087 237 9600.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa