Landbouweekblad

Nuut opdierak! NUTTIGE SONPOMP OP WIELE

-

Dié sonkragopw­ekker op wiele kan jou baie moeite en geld bespaar. Mnr. Hannes van Niekerk van Kimberley, eienaar van die maatskappy SAW Africa, het hierdie nuttige mobiele sonkragopw­ekker gebou met die doel om water op enige plek met behulp van sonkrag te pomp.

Die wa met sy 18 sonpanele kan 4,9 kW krag opwek. Hannes het ’n 4 kW-motor op die wa geïnstalle­er wat ’n pomp met ’n 160 mm-stuwer aandryf. Die pomp kan water van ’n diepte van 4 m optrek en 24 m3 per uur teen ’n druk van 300 kPa lewer.

Die wa het ook ’n omsetter wat die direkte stroom wat deur die sonpanele gelewer word, na driefase-wisselstro­om (400 V) omskakel. Die omsetter verstel die motorspoed outomaties om by die sonpanele se lewering en die drukbehoef­te van die pompstelse­l aan te pas. Dit kan ook verstel word om die pomp aan normale driefasekr­ag te koppel. Die installasi­e kan ook aangepas word om krag te lewer vir ander toestelle wat driefase-wisselstro­ommotors gebruik, soos hamermeule­ns, waaiers, ratkaste en spilpunte. Die toestel het ’n maksimum kragopwekk­ingsvermoë om ’n motor van tot 3,7 kW aan te dryf.

’n Mens kan die sonpanele op die wa platslaan as jy dit rondsleep. Die sonpanele, motor en pomp weeg saam ongeveer 1 200 kg, is 6 m lank en 2,4 m breed wanneer die sonpanele platgeslaa­n is en 4,8 m breed as dit oopgeslaan is. Prys: R136 800 (vervoerkos­te uitgesluit). NAVRAE: E-pos: hannes@sawafrica.co.za, sel 083 264 1272.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa