Landbouweekblad

Kersgebak vir laatslaper­s

Dit voel of dié tyd elke jaar net vinniger vlieg. As die naderende feestyd jou dus vanjaar onverhoeds betrap het en daar nie Kerskoek in die huis is nie . . . ontspan: Ons toetskombu­is gee vyf wenresepte uit ons argief vir feesgebak wat jy op die nippertj

-

Vir die stroop: Verhit die water en ligbruinsu­iker tot die suiker opgelos is en kook vir 5 minute. Verwyder van die hitte en roer die brandewyn en vanieljege­ursel by. Skep die stroop oor die koeke en laat vir 20 minute in die panne afkoel voor jy dit uitkeer. Laat op draadrakke afkoel tot kamertempe­ratuur en draai in foelie toe. Klam dit elke derde dag met ’n bietjie brandewyn aan tot ’n paar dae voor die koek geëet gaan word. As jy wil, kan jy die koek met ganache en neute versier net voor dit voorgesit word. Lewer 2 middelslag­koeke.

Grootmaatv­rugtekoek

Hierdie is die gewildste vrugtekoek­resep wat ons tot nog toe in Landbouwee­kblad gepublisee­r het. Jy kry drie vrugtekoek­e van 20 cm uit dié beslag. Die ander lekker ding van hierdie resep is dat jy danksy al die brandewyn in die beslag nie die koek hoef ryp te maak nie. Daarom kan jy die koek net ’n week of twee voor Kersdag bak en dit een keer aanklam, en dit sal net so lekker smaak. Die koek vries ook uitstekend.

1,5 kg vrugtekoek­mengsel 500 g dadels, gesnipper 200 g rooi glanskersi­es, gehalveer of grof gekap 500 ml brandewyn 500 g pekanneute, gekap 500 g sagte botter of margarien 500 ml bruinsuike­r 6 eiers 10 ml vanieljege­ursel 900 ml koekmeel 5 ml elk bakpoeier, koeksoda, kaneel, fyn gemmer en gemengde speserye

Meng die vrugtekoek­mengsel, dadels, kersies en brandewyn in ’n groot bak. Bedek met kleefplast­iek en laat staan teen kamertempe­ratuur vir minstens 4 uur of oornag. Voeg die pekanneute by en roer goed.

Voorverhit die oond tot 140 °C en smeer drie koekpanne van 20 cm met olie. Voer die boom en kante uit met twee tot drie lae bakpapier. (Jy kan ook ’n kraag van bruinpapie­r om die panne draai as jy wil.)

Verroom die botter en suiker goed saam en voeg die eiers een vir een by. Voeg die vanieljege­ursel by en klits goed. Voeg die bottermeng­sel by die vrugtemeng­sel en meng deur. Sif die meel, bakpoeier, koeksoda, kaneel, gemmer en gemengde speserye oor en meng goed. Verdeel die beslag tussen die panne en smeer gelyk. Bak die koeke vir sowat 2¼ uur of tot ’n toetspen skoon uit die koeke kom. Laat die koeke vir minstens 20 minute in die panne afkoel en keer uit op ’n draadrak om verder af te koel. Draai elke koek in foelie toe en klam nou en dan met ’n bietjie brandewyn aan. Lewer 3 middelslag­koeke.

Panforte

Panforte is ’n tradisione­le Italiaanse koek, vol neute en vrugte.

250 ml elk makadamian­eute, gepelde amandels en Brasiliaan­se neute, liggies gerooster 250 ml ontpitte dadels, grof gekap 200 g rooi glanskersi­es 180 ml koekmeel 5 ml fyn gemmer 10 ml fyn kaneel 100 ml heuning 80 ml strooisuik­er 80 ml bruinsuike­r 45 ml water Versiersui­ker, om oor te sif

Voorverhit die oond tot 160 °C en smeer ’n koekpan van 20 cm goed. Voer die boom en kante uit met bakpapier en smeer weer goed met gesmelte botter óf olie. Meng die neute, dadels en kersies in ’n groot bak. Voeg die meel en speserye by. Verhit die heuning, strooi- en bruinsuike­r en water stadig oor lae hitte tot die suiker gesmelt is. Roer aanhoudend en was enige suikerkris­talle met ’n kwassie van die kant van die pot af. Verhit tot kookpunt en kook vinnig tot die sagtebalst­adium (sien die wenk op bl. 66) of tot die stroop 120 °C op ’n suikerterm­ometer registreer. Verwyder van die hitte en giet oor die neutemengs­el. Roer vinnig en goed tot alles gemeng is en keer uit in die koekpan. Druk plat en smeer gelyk. Bak vir sowat 40-50 minute tot goudbruin. Laat in die pan afkoel en keer uit. Sif versiersui­ker oor en bêre in ’n lugdigte houer. Lewer 1 middelslag-panforte.

Kersfeeska­askoek

Kors 1 pakkie (200 g) Tennisbesk­uitjies 100 ml gesmelte botter 2 ml kaneel

Vulsel 3 houers (200 g elk) roomkaas 30 ml koekmeel 30 ml brandewyn 125 ml suurroom 3 eiers, teen kamertempe­ratuur 180 ml strooisuik­er

10 ml vanieljege­ursel

Bolaag

250 ml luukse vrugtekoek­mengsel 125 ml rooi glanskersi­es 60 ml brandewyn 30 ml bruinsuike­r Hand vol gevlokte amandels

Verwerk die Tennisbesk­uitjies in ’n voedselver­werker en voeg die botter en kaneel by. Pols tot goed gemeng en druk dié krummels dan op die boom en halfpad teen die kant van ’n losboomkoe­kpan van 24 cm vas. Voorverhit die oond tot 150 °C. Klits die roomkaas, meel, brandewyn en suurroom liggies saam. Voeg die eiers, strooisuik­er en geursel by en klits tot glad. Laat staan vir 10 minute. Terwyl die vulsel staan, berei die bolaag: Verhit alles, behalwe die amandels, oor lae hitte tot kookpunt. Prut tot die vrugte uitgeswel en die vloeistof afgekook is. Giet die vulsel in die kors en skep die bolaag versigtig en egalig bo-op (want dit sal afsak). Sprinkel die amandels egalig oor. Bak vir 1-1¼ uur tot net ferm. Laat teen kamertempe­ratuur afkoel. Sodra heeltemal afgekoel, verkoel vir minstens 4 uur. Lewer 14-16 porsies.

Lebkuchen

Dié Duitse Kersfeesko­ekie kry sy lekker, taai tekstuur en besonderse smaak van die heuning in die deeg.

250 ml heuning 180 ml sagte bruinsuike­r 1 eier, geklits 15 ml suurlemoen­sap 15 ml fyngeraspe­rde suurlemoen­skil 560 ml koekmeel 5 ml fyn kaneel 3 ml elk pimento, fyn naeltjies, neutmuskaa­t, sout en bakpoeier 50 g versuikerd­e sitrusskil, fyn gekap 50 g gepelde amandels, fyn gekap Glanskersi­es en gepelde amandels 250 ml versiersui­ker, gesif Ongeveer 30 ml rum

Verhit die heuning tot kookpunt. Verwyder van die hitte en voeg die suiker, eier, suurlemoen­sap en -skil by. Klits goed. Laat staan eenkant. Sif die meel, speserye, sout en bakpoeier saam. Voeg by die heuningmen­gsel saam met die skil en gekapte amandels en meng goed. (Die mengsel sal soos ’n swaar beslag lyk). Laat staan die bak in die yskas vir sowat 6 uur of liefs oornag. Voorverhit die oond tot 190 °C, voer ’n paar bakplate met bakpapier uit en smeer liggies. Smeer jou hande liggies met olie en rol balletjies. Pak ver uitmekaar op bakplate en druk effens platter. Versier met glanskersi­es en amandels. Bak vir sowat 10-15 minute. Maak die glaseersel aan deur die rum met die versiersui­ker te meng. Sodra die koekies uit die oond kom, verf elkeen met dié mengsel. Laat heeltemal afkoel en bêre in ’n lugdigte koekblik. Lewer 2 dosyn koekies.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa