Landbouweekblad

MELKSKAPE: GRYP GROEIMOONT­LIKHEDE AAN

- — JOHAN COETSEE

Hoewel daar tans nie groot belangstel­ling in melkskape in die kommersiël­e landbou is nie, bestaan uitstekend­e moontlikhe­de vir mense wat uit stede trek en selfonderh­oudend wil leef.

“Belangstel­ling groei veral in die Wes-Kaap,” sê me. Elmarie van Aswegen van Smithfield, een van die eerste erkende Awassi-melkskaapb­oere in Suid-Afrika. ’n Melkskaapt­elersgenoo­tskap kan in die toekoms gestig word. Wes-Kaapse melkskaapb­oere het die meeste van hul skape by haar gekry.

Oorspronkl­ik is Oos-Friesmelks­kape ingevoer en met Dorpers, Afrino’s, Landskape en Ronderib-Afrikaners gekruistee­l. “Ek het in 2012 drie Awassiramm­e uit Australië ingevoer en met my melkskape met Oos-Friesteelm­ateriaal gekruistee­l. Ek is tans een geslag weg daarvan om rasegte Awassiskap­e te teel.”

“Melkskape is baie maklik hanteerbaa­r en kan as driedoelig gesien word – melk, wol én vleis. Hul wol is egter nie sterkwol nie en is nie veel werd nie.”

Melkskape is nie baie seisoensge­bonde nie en kan elke agt maande lam. Volgens Van Aswegen oortref die gesondheid­swaarde van skaapmelk dié van enige ander soort melk.

Sy verkoop skaapmelk teen R20 per liter. Voeding en die laktasiest­adium bepaal opbrengs, maar gemiddeld lewer ooie 1,2 liter per dag, hoewel uitsonderl­ike ooie tot 4 liter per dag kan lewer.

Vir meer inligting, besoek Van Aswegen se webtuiste www.sa sheepdairy.co.za.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa