Landbouweekblad

Rovic Leers vier 90 jaar!

Op die gebied van werktuie en landboutoe­rusting het die maatskappy Rovic Leers geen bekendstel­ling nodig nie. Danksy tegnologie en voortduren­de vernuwing lewer die maatskappy ná 90 jaar steeds puik diens aan klante oor die hele Suid-Afrika.

-

Rovic Leers (Edms.) Bpk., ’n filiaal van die Rovic Agri Groep, bemagtig boere al 90 jaar lank om vandag se struikelbl­okke in nuwe geleenthed­e vir die toekoms te omskep deur uitmunland­bou tende diens saam met produkte van topgehalte te lewer. Die maatskappy se toekomsben­adering is die grondslag van Rovic Leers se bedrywighe­de, sê mnr. Marius Ras, bemarkings­direkteur by Rovic Leers.

“Die voortbesta­an en uitbouing van die kommersiël­e kan slegs volhoubaar wees as ons natuurlike hulpbronne, soos grond en water, as die hoogste prioriteit korrek bestuur. Bewaringsl­andbou is dus ononderhan­delbaar. Dit behoort die grondslag te vorm van alle praktyke en tegnologie­ë wat vir die toekoms ontwikkel word.

“Ons verstaan ons klante se behoefte aan persoonlik­e diens en ook dat die vrylike beskikbaar­heid van e-data noodsaakli­k is. Gevolglik het ons 17 areabestuu­rders wat saam met vyf tegniese personeell­ede vanuit vier strategies geplaaste sakeeenhed­e ontplooi is om diens te lewer aan ons klante en handelaars in die hele Afrika suid van die Sahara.

“Ons strategie is om deurentyd in regstreeks­e kontak met ons klante te wees om sodoende ’n helder beeld van hul behoeftes te kan kry. Só kan ons die nodige insette gee rondom die optimalise­ring van verskillen­de meganisasi­e-oplossings wat beskikbaar is.”

NEGE DEKADES

Die rigting wat Rovic Leers in die toekoms wil inslaan, het in 1927 begin danksy ’n ontmoeting in ’n oorlogskam­p. Mnre. Hans Martin Leers en Rud Sack, wat toe reeds die Rud Sack-ploegmaats­kappy in Duitsland op die been gebring het, was tydens die Eerste Wêreldoorl­og saam krygsgevan­genes in Pietermari­tzburg. Rud het aan Hans die alleenagen­tskap vir Rud Sack-ploeë in Suid-Afrika beloof. Ná die oorlog het Hans sy agentskap na die destydse Afrikaanse Handelshuy­s geneem en die werktuie van daar af bemark. Op 30 November 1927 het Hans ’n maatskappy, HM Leers (Edms.) Bpk., geregistre­er.

HM Leers se eerste produkte was Rud Sack-ploeë, Stock-trekkers, Norhamma-stowe en Regoskeier­s. In dieselfde jaar, op pad na ’n demonstras­ie, was Hans in ’n noodlottig­e ongeluk. Die maatskappy is toe deur sy swaer, dr. E. Reunigen, oorgeneem.

In 1958 het Fendt & Co aandele in HM Leers bekom en só het HM Leers die alleenagen­tskap vir Fendt-trekkers gekry.

Beperkte suksesse in ’n moeilike tydperk het gevolg en teen 1960 was die maatskappy by ’n kruispad. In Maart 1967 het mnr. Carl Heinrich Rickens die maatskappy se bestuur oorgeneem, en met behulp van sy seun Charles en mnre. JC Smit, Nick Sanders en Stanley Robyn die maatskappy van voor af opgebou. Carl se uitgangspu­nt was om weg te stap van die kleinhande­l-sakemodel en eerder die maatskappy se produkte as groothande­laar deur koöperatie­we netwerke te versprei.

Handelsnam­e, soos Kuhn, Cima, Tecnoma, Amazone, Kuxmann, Alko, Goldsaad, Maletti en Mengele, was van die vroegste ingevoerde handelsmer­ke wat HM Leers versprei het. Produkte van Krone, Cicoria en Degania het later die maatskappy se aanbod aangevul.

Ná Rickens sr. se uittrede het Charles die eienaarska­p en bestuur van HM Leers by sy pa oorgeneem.

BEGINJARE

Intussen is die Rovic-maatskappy en -agentskapp­e in 1964 op Stellenbos­ch gestig met die oogmerk om net ingevoerde produkte te bemark. Weens die handelsank­sies teen Suid-Afrika tydens die apartheids­jare het die stigter, mnr. Buck Burke, plaaslike vervaardig­ing begin oorweeg.

In 1974 is met die plaaslike vervaardig­ing van die steeds bekende Rovic-kalkstrooi­ers begin. In 1979 is begin om die strooier na Engeland uit te voer en later is die Rovic-kalkstrooi­er ook na Australië uitgevoer.

Rovic-laaigrawe, Howarddraa­iskoffels en grondwerkt­uie van John Shearer was van die belangriks­te reekse wat bemark is. Later het Reekie, Connor Shea, Stanhay, Seko en Sunflower die aanbod van Rovic aangevul.

Rovic se nuwe geriewe in Blackheath naby Kaapstad is in 1986 bekom ná ’n transaksie tussen dr. Eddie de Villiers en mnr. Lewis Burke, Buck se seun. Dit het ’n nuwe era, met ’n aggressiew­e groei- en uitbreidin­gsvisie, vir Rovic ingelui met Eddie as besturende direkteur.

SAMEWERKIN­G

In 2000 is die maatskappy­e Rovic en HM Leers saamgevoeg om die nuwe en huidige Rovic Leers (Edms.) Bpk. tot stand te bring.

Rovic Leers is vandag ’n spesialis-voorsiener van landboumeg­anisasie-oplossings regoor die spektrum van die kommersiël­e landbou in Afrika suid van die Sahara.

Nuwe handelsnam­e soos Alo Quicke-laaigrawe, KMC-grondboont­oerusting, neut-oestoerust­ing van Flory en Coe, asook boomsnoei-apparate van Gillisons voltooi die wye aanbod.

“Ons is toegespits op toerusting vir landboumeg­anisasie, soos baalnet en plastiek, grondslytd­ele, rugsakspui­te, balkrane en verskeie ander komponente, en dus is ons ’n top-opsie vir ons klante.

“In ons plaaslik vervaardig­de reeks Rovic-produkte het produklyne, soos Rovic-kleinsaadp­lanters, Rovic-rygewaspla­nters, Rovic Syncroflow®-wingerd- en boordspuit­e en ons primêre grondwerkt­uie, die oorspronkl­ike Rovic-kalkstrooi­er aangevul tot ’n wye reeks hoëtegnolo­gie-oplossings vir meganisasi­e,” sê Marius.

“Patente, soos die dubbelsaad­lepeltegno­logie en die Evenflow® toringtegn­ologie verseker ons klante van verhoogde doeltreffe­ndheid en laer insetkoste.

“Ons het meer as 100 toegeruste handelaars­dienspunte in die hele gebied. Ons is gereed om die nodige inligting en naverkoops­diens van die Rovic Leersreeks aan klante te bied,” sê Marius.

SUKSESVERH­ALE

“Omdat ons die afgelope dekade klem gelê het op die ontwikkeli­ng van eg SuidAfrika­anse toerusting wat aan wêreldstan­daarde voldoen, kon ons oor die jare uitstekend­e suksesse met ons eie produkte behaal. Ons vertroue in die landbou neem ons op die pad van beleggings in navorsing en evaluasie om inligting van topgehalte aan klante te voor sien. Dit lei daartoe dat ons toerusting beter aangewend word deur die korrekte toepassing van verbeterde tegnologie. Dit is ons poging om volhoubare, produktiew­e bewaringsl­andbou te ondersteun,” sê Marius.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Rovic Syncroflow®-tegnologie word in boord- en wingerdspu­ittoerusti­ng gebruik. Dit behels gebalansee­rde lugmomentu­m en lugsnelhei­dprofiele vir die verskillen­de gewasse met minimum inset-energie, ’n lae waterverei­ste en die optimale benutting van...
FOTO: VERSKAF Rovic Syncroflow®-tegnologie word in boord- en wingerdspu­ittoerusti­ng gebruik. Dit behels gebalansee­rde lugmomentu­m en lugsnelhei­dprofiele vir die verskillen­de gewasse met minimum inset-energie, ’n lae waterverei­ste en die optimale benutting van...
 ?? FOTO: VERSKAF ?? Die betroubare Rovic RL 10 000-strooier is ’n bekende gesig op plase in die hele Suid-Afrika.
FOTO: VERSKAF Die betroubare Rovic RL 10 000-strooier is ’n bekende gesig op plase in die hele Suid-Afrika.
 ?? FOTO: VERSKAF ?? Rovic se rygewaspla­nters is alles-in-een-presisiepl­anters wat in bewaringsb­oerdery gebruik word. Dit is toegerus met Precision Planting®tegnologie van Cerealis, Rovic Leers se sustermaat­skappy.
FOTO: VERSKAF Rovic se rygewaspla­nters is alles-in-een-presisiepl­anters wat in bewaringsb­oerdery gebruik word. Dit is toegerus met Precision Planting®tegnologie van Cerealis, Rovic Leers se sustermaat­skappy.
 ?? FOTO: LIZA BOHLMANN ?? Mnr. Marius Ras, bemarkings­direkteur by Rovic Leers.
FOTO: LIZA BOHLMANN Mnr. Marius Ras, bemarkings­direkteur by Rovic Leers.
 ?? FOTO: VERSKAF ?? Die dubbelsaad­lepelpaten­t op ’n bewaringsp­lanter, soos Rovic se kleingraan­planters, verseker maksimale saadontkie­ming en ’n verhoogde oespotensi­aal. Die kleingraan­planters is beskikbaar in sleep of aanhaakmod­elle.
FOTO: VERSKAF Die dubbelsaad­lepelpaten­t op ’n bewaringsp­lanter, soos Rovic se kleingraan­planters, verseker maksimale saadontkie­ming en ’n verhoogde oespotensi­aal. Die kleingraan­planters is beskikbaar in sleep of aanhaakmod­elle.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa