Landbouweekblad

WILDBOERE MOET POLITIEK KANPRAAT–PEPLER

- — ROELOF BEZUIDENHO­UT

DIE toekoms van die wildbedryf lyk tans nog veilig, maar dit is belangrik dat dit op ’n volhoubare wyse bestuur word en dat wildboere se boodskap aan die politici oorgedra word op ’n manier wat politici kan verstaan, sê Dave Pepler, bekende ekoloog en motivering­spreker.

Hy was die genooide spreker op Wildbedryf SA se gala-aand op Jeffreysba­ai waartydens die Oos-Kaapse Wildboer van die Jaar aangewys is.

Pepler het gesê dit is onbillik om te verwag dat politici die omgewing sal verstaan soos wat ’n wetenskapl­ike dit verstaan.

Volgens hom behoort organisasi­es, soos die WRSA, kenners op te lei om namens die bedryf op ’n politieke vlak te kan kommunikee­r.

“Daar is geen twyfel nie dat jag ’n rol speel in volhoubare bewaringsp­raktyke, maar die belangriks­te ekologiese strewe bly om die eiesoortig­e plek van elke organisme in die omgewing te begryp,” het hy gesê. “Die muskiet en die miskruier, byvoorbeel­d, speel elkeen ’n rol in die funksioner­ing van die ekostelsel. Ons het geen idee van die gevolge as een van hierdie spesies uitsterf nie.”

Pepler het ook wildboere gemaan om mooi te besin oor die moontlike impak van genetiese modifikasi­e op die bedryf. “Talle wildboere gee groot aandag aan die teling van uitstekend­e diere. Tans word ’n genetiese tegniek (CRISPR) ingespan waarmee spesifieke gene in ’n organisme verander kan word. Wildboere moet nou al besluit of CRISPR (“Clustered Regularly Interspace­d Short Palindromi­c Repeat”) ’n probleem vir hulle kan word en, indien wel, hoe vinnig dit kan gebeur.

Mnr. Warrick Barnard van Woody Cape Wildlife is as die Oos-Kaapse Wildboer van die Jaar aangewys, terwyl mnr. Johan Bouwer (L’Ormarins Farms) die eerbewys as die beste bewaringsw­ildboer ontvang het. Me. Katjana Ott (Glen Harry-natuurrese­rvaat) is die Wildteler van die Jaar en mnr. Loodt Büchner (Tootabi Hunting Safaris) is die beste wildondern­emer.

Volgens die WRSA word kandidate vir die eerbewyse deur medeboere benoem waarna tien finaliste gekies word.

Vanjaar se finaliste bestuur altesame 62 500 ha waarop 14 833 stuk wild van 36 soorte aangehou word. Slegs 3,7% van hierdie grond word gebruik vir intensiewe teelprogra­mme. Altesaam 20,5% van die boerderye word deur buitelands­e geld gefinansie­r. Die gemiddelde ouderdom van die tien boere is 37 jaar.

Verlede jaar se wenner Richard Morton het gesê dat groot dinge moontlik is vir boere wat passievol daaroor is om diere eties te teel en bemark.

 ?? FOTO:VERSKAF ?? Van links is mnr. Richard Morton van Tembani Wildlife in Limpopo, verlede jaar se nasionale Wildboer van die Jaar, mnr. Warrick Barnard, Oos-Kaapse Wildboer van die Jaar, en Peter Oberem, voorsitter van Wildbedryf SA (WRSA).
FOTO:VERSKAF Van links is mnr. Richard Morton van Tembani Wildlife in Limpopo, verlede jaar se nasionale Wildboer van die Jaar, mnr. Warrick Barnard, Oos-Kaapse Wildboer van die Jaar, en Peter Oberem, voorsitter van Wildbedryf SA (WRSA).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa