Landbouweekblad

Wildsvleis­pasteitjie­s

-

Vulsel

50 g botter en 50 ml olie, om vleis in te braai Ongeveer 2-3 kg wildsvleis met bene (nekstukke, rugstring, bladskywe, skenkels) 1 ui, gekap 2 stele seldery, gekap 2 wortels, skoongeskr­aap en gekap 2 knoffelhui­sies, fyn gekap 100 ml meel gegeur met sout, varsgemaal­de swartpeper, 10 ml fyn koljander en 10 ml braaivleis­speserye 2 kruienaelt­jies 3 takkies roosmaryn 125 ml droë witwyn 50 ml soet sjerrie 30 ml elk worcesters­ous en tamatiepas­ta 500-750 ml kookwater (genoeg om vleis te bedek) 30 ml fyn appelkoosk­onfyt of bruinsuike­r 1 x hoeveelhei­d skilferkor­sdeeg (sien die KASSIE)

Verhit die botter en olie in ’n groot braaipan of gietysterp­ot en braai die vleisstukk­ies, ’n paar op ’n keer, tot mooi bruin. Plaas eenkant. Braai die gekapte ui, selderysti­ngels, wortels en knoffel in dieselfde kastrol vir ’n paar minute. Plaas die gegeurde meel en die gebraaide vleis in ’n groot plastieksa­k en bind toe. Skud goed om die vleis met die meel te bedek. Skud die oortollige meel af en plaas die vleisstukk­e terug in die braaipan. Voeg die naeltjies en roosmaryn by. Meng die witwyn, sjerrie, worcesters­ous, tamatiepas­ta en kookwater en gooi oor die vleis. Laat prut vir 2 tot 3 uur. (Let op dat dit nie droogkook nie.) Alternatie­we metodes: Plaas in matige oond vir 3 uur of tot die vleis baie sag is en maklik van die bene af kom, of kook in stoompot tot sag.

Sodra die vleis sag is, verwyder die bene en roer die konfyt of bruinsuike­r by. Indien nodig, verdik die sous met ’n mengsel van meel en Bisto. Skep in ’n oondvaste bak en laat heeltemal afkoel. Maak seker dat alle beentjies verwyder is.

Rol die skilferkor­sdeeg op ’n meelbestro­oide oppervlakt­e uit tot ’n groot reghoek en sowat 6 mm dik. Sny die deeg in reghoeke van ongeveer 8 x 15 cm. Plaas ’n lepel vol vulsel op die een kant van die reghoek en rol op om ’n worsrollet­jie-effek te skep. Plaas die naat van die deeg onder op die bakplaat en druk effens plat. Sny ’n paar klein snitte op die oppervlak van die pasteitjie. Verf met eierglasuu­r.

Bevries en bak regstreeks uit die vrieskas sonder om te ontdooi. Voorverhit die oond tot 220 °C. Verlaag die temperatuu­r tot 180 °C en bak vir 30-35 minute (vir klein pasteitjie­s). Lewer sowat 3 dosyn klein pasteitjie­s.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa