Landbouweekblad

DIE ANDER SÊ

-

NABY Humansdorp in die Tsitsikamm­a het ’n gemeenskap swart boere onlangs kontrakteu­rs aangestel vir ’n roterende 66 puntmelksk­uur vir die suksesvoll­e suiwelonde­rneming wat hulle deel met die broers mnre. Johan en Willie du Plessis. Die Wittekleib­osch-gemeenskap trek ook voordeel uit die 95 MW Tsitsikamm­agemeenska­pswindplaa­s wat op hul grond geleë is.

Die Du Plessis-broers en die Wittekleib­osch-suiweltrus­t verkoop jaarliks meer as 6 miljoen liter melk. Die grond behoort aan die swart families en die koeie aan die broers.

Die doel van die melkskuur-uitbreidin­g is dat die gemeenskap sy eie kudde en melkery kan hê. Die R32 miljoen vir die skuur en toerusting is deur die Oos-Kaapse regering voorsien, asook deur kommersiël­e banke en Die Kooperasie op Humansdorp.

Die vennootska­p tussen die Wittekleib­osch-gesinne en die Du Plessis-broers het begin toe die Tsitsikamm­a-Mfengu hul grond maande voor die 1994-verkiesing teruggekry het. Die apartheids­regering het hulle in 1977 van die grond afgesit. Die Tsitsikamm­a Exiles Associatio­n, wat hom vir jare beywer het vir restitusie, het homself as die Tsitsikamm­a Developmen­t Trust hervorm en regeringsg­eld gekanalise­er om wit boere op die grond uit te betaal.

Die Wittekleib­osch-gemeenskap, een van die Tsitsikamm­a Mfengu se vier gebiede, het Johan du Plessis gevra om aan te bly en die suiwelplaa­s te bedryf.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa