Landbouweekblad

LANDBOU-GROEI OORTREF ALLE VERWAGTING­E

- — CARIEN KRUGER

DIE landbou was in die derde kwartaal vanjaar ’n uitblinker in die Suid-Afrikaanse ekonomie. Volgens Statistiek­e SA het die landbou, bosbou en visserye met 44,2% gegroei, die grootste kwartaalli­kse groei sedert 1996.

Die land se bruto binnelands­e produk (BBP) het op ’n kwartaalgr­ondslag met 2% gegroei en op ’n jaargronds­lag met 0,8%. Statistiek­e SA sê die landbou, bosbou en visserye se bydrae tot die groei in die nasionale BBP was 0,9 persentasi­epunt.

Die mynbedryf het met 6,6% gegroei en die vervaardig­ingsbedryf met 4,3%.

Mnr. Wandile Sihlobo, landbou-ekonoom van Agbiz, sê ná die landbou se kwartaalli­kse groei van 38,7% in die tweede kwartaal vanjaar is verwag dat dit in die derde kwartaal matige groei van sowat 25% sou toon.

“Die voortgeset­te sterk groei kan toegeskryf word aan goeie landbou-uitsette in 2016-’17 wat handel ’n hupstoot gegee het.” In dié produksiej­aar het die produksie van somergraan, oliesade en vrugte sterk gegroei en het die lewendehaw­ebedryf herstel, wat tot stewige uitvoer gelei het. Sihlobo sê gewoonlik is Agbiz en die nywerheids­ontwikkeli­ngskorpora­sie (IDC) se sakevertro­ue-indeks ’n goeie, leidende aanduider van die BBP in die landbou. Die onlangse daling in vertroue gaan dalk dié keer nie tot ’n soortgelyk­e daling in die landbou-BBP lei nie, sê hy.

Dit sal aan onlangse beter verwagting­e vir die weer in die somerprodu­ksiegebied te danke wees, wat nog nie ten volle in die

SAKEVERTRO­UE IN DIE LANDBOU EN BBP IN DIE LANDBOU vertroue-indeks weerspieël word nie. Verder het die droogte in die Wes-Kaap ’n groot rol in swakker sakevertro­ue gespeel.

Sihlobo sê die landbou kan nog ’n tyd lank bly groei omdat boere beoog om in 2017-’18 die oppervlakt­e onder gewasse met 43 400 ha tot 4,03 miljoen ha te vergroot. Dié optimisme is danksy vooruitsig­te van goeie reën en beter prysmededi­ngendheid vir sekere kommoditei­te.

 ?? 2001 2002 2003 2004 2005 2006 2007 2008 2009 2010 2011 2012 2013 2014 2015 2016 2017 ??
2001 2002 2003 2004 2005 2006 2007 2008 2009 2010 2011 2012 2013 2014 2015 2016 2017

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa