Landbouweekblad

MILJOENE OM SWART BOERE KOEIE TE HELP KOOP

- — CARIEN KRUGER

FAMOUS BRANDS CHEESE COMPANY (FBCC) en Coega Dairy gaan swart melkboere help om meer as 300 melkkoeie te koop. Die boere is op vyf plase wat deur swart gemeenskap­pe besit word.

Die plase word deur Amadlelo Agri, ’n swartbemag­tigingslan­dbou-ondernemin­g, bestuur.

Amadlelo Agri het FBCC en Coega verlede jaar gevra om die boere te help sodat hulle hul eie melkkuddes kon besit.

Mnr. Andrew Mundell, bedryfshoo­f van ondernemin­gsontwikke­ling by FBCC, het in ’n verklaring gesê baie van die koeie op die plase word tans by kommersiël­e melkboere gehuur.

“Deur in die projek te belê, help ons die gemeenskap se boere om meer toegang, deelname en eienaarska­p in die waardekett­ing te verkry.”

FBCC en Coega gaan elkeen R1,5 miljoen bydra en die geld sal oor ’n tydperk van drie jaar uitbetaal word.

VOLHOUBAAR­HEID

Mnr. Victor Korsten, uitvoerend­e hoof van Coega Dairy, het gesê die nodige bedryfs-, tegniese en statutêre steun sal verskaf word om die volhoubaar­heid en goeie bestuur van die projek te verseker.

Mundell sê die vyf plase lewer sowat 25% van FBCC se totale melkinname. Die belegging sal daartoe bydra dat die aanbod van onverwerkt­e melk aan FBCC en Coega Dairy verseker word.

“Na verwagting sal die koeie en hul toekomstig­e nageslag oor ’n tydperk van vyf jaar meer as 10 miljoen liter lewer,” sê hy.

Coega Dairy is in 2011 gestig danksy ’n vennootska­p tussen bestaande kommersiël­e boere en voorheen benadeelde gemeenskap­pe. Dit koop melk by Oos-Kaapse boere en vervaardig langleweme­lk en botter by sy aanleg in Port Elizabeth.

FBCC is in 2012 gestig toe Famous Brands ’n gesamentli­ke ondernemin­g met Coega Dairy vir die verskaffin­g van kaasproduk­te aan die groep aangegaan het. Famous Brands besit 51% van FBCC en Coega Dairy 49%. Melkboere besit 62% van Coega Dairy en die Coega-bemagtigin­gstrust 38%.

Die begunstigd­es van die trust is die vyf gemeenskap­splase in swart besit (40%), werkers by die aanleg (40%) en plaaswerke­rs (20%).

Mundell sê Coega Dairy se inname van onverwerkt­e melk het die afgelope vyf jaar met 14% per jaar toegeneem, terwyl melkinname vir kaas by FBCC die afgelope vier jaar met meer as 20% gestyg het.

 ?? FOTO: THEUNS BOTHA ?? Melkboere van Amadlelo Agri huur tans baie van hul koeie by kommersiël­e boere.
FOTO: THEUNS BOTHA Melkboere van Amadlelo Agri huur tans baie van hul koeie by kommersiël­e boere.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa