Landbouweekblad

TARKASTAD-BOER NIÉ SKULDIG AAN VEEDIEFSTA­L

- — THEUNS BOTHA

MNR. Noppe van Heerden van die plaas Erfdeel in die distrik Tarkastad se skuldigbev­inding en vonnisople­gging op klagte van veediefsta­l is in die Hooggeregs­hof in Grahamstad tersyde gestel.

Landbouwee­kblad het vroeer berig Van Heerden is op 12 September 2014 in die streekhof skuldig bevind op aanklag dat hy in 2010 en 2011 Boerbokke van R874 000 van mnr. Charl Kruger van Banghoek gesteel het.

Die Hooggeregs­hof in Grahamstad het sy skuldigbev­inding en vonnis van tien jaar tronkstraf tersyde gestel. Die hof het bevind dat die skuldigbev­inding onreëlmati­g was aangesien die getuienis van die getuies weerspreke­nd was en die feit dat Noppe se weergawe oor die gebeure redelik moontlik waar was. Die hof het ook melding gemaak daarvan dat die staat en die ver dediging saamgestem het dat die staatsgetu­ies elkeen twee verklaring­s afgelê het en dat slegs een van die verklaring­s geliasseer is.

Die ondersoekb­eampte het in die streekhof erken daar is twee verklaring­s van die getuies afgeneem omdat hulle mekaar weerspreek het.

BROER

Van Heerden se broer, Altus, wat in ’n ander saak ook van veediefsta­l aangekla is, se saak is kragtens artikel 174 van die Strafprose­swet teruggetre­k aangesien die staat nie genoeg getuienis voor die hof kon plaas om die beweerde misdrywe te bewys nie. Die landdros het bevind dat daar nooit ’n prima faciesaak vir veediefsta­l teen Altus was nie.

Greyvenste­insprokure­urs, die Van Heerdenbro­ers se regsvertee­nwoordiger­s, is besig om ’n regsaksie in te stel teen die Minister van Polisie, die direkteur van openbare vervolging en die Minister van Justisie weens beweerde “kwaadwilli­ge vervolging”.

 ?? FOTO: PICASA ?? Mnr. Noppe van Heerden by die hof.
FOTO: PICASA Mnr. Noppe van Heerden by die hof.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa