Landbouweekblad

KHOISAN TEA KRY NUWE BAAS

- — JOHAN VAN DER MERWE

IN dieselfde maand waarin hy Sonnendal Dairies in die WesKaap gekoop het, het Libstar Operations in November ook ’n beherende aandeel in Khoisan Tea Import and Export, ’n verwerking­s-, verpakking­s- en uitvoermaa­tskappy naby Clanwillia­m, bekom. Khoisan voer die afgelope 20 jaar tee na hoofsaakli­k Duitsland uit.

Die transaksie kom te midde van groot druk op die rooibosbed­ryf weens die droogte in die Wes-Kaap. Hoewel die verdienste per kilogram tans styg, is volumes laag en die totale plaashekve­rdienste dus onder druk. Groot prysstygin­gs die afgelope drie jaar het ook die vraag uit die buiteland nadelig geraak.

“Libstar het uitstekend­e netwerke – plaaslik én internasio­naal – in die groot- en kleinhande­lsektor en kan dus nuwe geleenthed­e vir Khoisan bewerkstel­lig,” sê me. Maristha Slabbert, woordvoerd­er van Khoisan. “As pryse konstant, redelik en mededingen­d op die wêreldmark is, is daar groot potensiaal vir rooibos,” sê sy.

Die mark vir dié tee het in Duitsland reeds ’n paar jaar gelede ’n hoogtepunt bereik en groei vind nou elders plaas. Die buitelands­e verbruik het egter reeds met tot 20% gedaal weens die hoë pryse. “As hierdie neiging voortduur, sal ons toegang tot uitvoermar­kte wat ons 20 jaargekosh­etomoptebo­u,verloor,” sê sy.

“Die enorme wisseling in die prys van rooibostee is ’n verskynsel wat al dekades lank voortduur en is vir niemand in die bedryf tot voordeel nie. Ons meen met ’n stabiele mark, soos wat moontlik is met Libstar as ’n vennoot, is dit moontlik om die stabilitei­t en volhoubaar­heid aan ons produsente oor te dra en op so ’n wyse volgehoue groei in die rooibostee­bedryf te verseker.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa