Landbouweekblad

VRYE HANDEL IN AFRIKA BEREIK VOLGENDE MYLPAAL IN MAART

- — CARIEN KRUGER

DIE ooreenkoms wat ’n vastelandw­ye vryehandel­sgebied in Afrika (CFTA) sal vestig, asook die gepaardgaa­nde protokol oor handel in dienste, sal na verwagting in Maart 2018 gereed wees.

Die Suid-Afrikaanse Departemen­t van Handel en Nywerheid sê egter in ’n verklaring nog werk moet voor dan aan sommige van die voorlopige bewoording gedoen word. Wanneer die dokumente gereed is, moet die Afrika-unie (AU) se staatshoof­de die protokol onderteken.

Onderhande­linge oor die protokol vir handel in goedere, asook sy aanhangsel­s, sal daarna afgehandel word.

Dr. Rob Davies, Suid-Afrika se Minister van Handel en Nywerheid, was onlangs in Niger waar hy die vierde AU-vergaderin­g van handelsmin­isters bygewoon het.

Dit is deur pres. Mahamadou Issoufou van Niger geopen. Issoufou is ’n kampvegter vir die CFTA. Die ministersv­ergadering is voorafgega­an deur die agtste CFTA-onderhande­lingsforum en die vierde vergaderin­g van senior handelsamp­tenare.

BELANGRIKE MYLPAAL

Die CFTA sal ’n geïntegree­rde, vastelandw­ye mark van 1,2 miljard mense met ’n bruto binnelands­e produk van meer as $2 000 miljard (R27 100 miljard) skep en die beweging van goedere en dienste in Afrika vergemakli­k.

Volgens die departemen­t sal dit volhoubare groei en ontwikkeli­ng ontsluit en handel in Afrika bevorder. Dit sal ook voorkeurto­egang vir Suid-Afrikaanse goedere en dienste tot die res van die vasteland bied.

Davies het benadruk hoe belangrik Afrika se agenda vir ontwikkeli­ngsintegra­sie is, wat markintegr­asie met die ontwikkeli­ng van nywerhede en infrastruk­tuur kombineer.

“Die afhandelin­g van die CFTA sal ’n belangrike mylpaal in Afrika se integrerin­gsproses wees. Die CFTA behoort nywerheids­ontwikkeli­ng en die ontwikkeli­ng van streekswaa­rdeketting­s te bevorder.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa