Landbouweekblad

STAAK INVOER UIT ‘SLAWERNY-AANLEGTE’

- — CARIEN KRUGER

DIE Regering behoort buitelands­e aanlegte van waar Suid-Afrika hoendervle­is invoer, eers te besoek en goed te keur, sê die Suid-Afrikaanse Pluimveeve­reniging (SAPV).

Die organisasi­e het reeds in Januarie dié beroep op die Regering gedoen, maar dit nou herhaal ná bewerings dat werksomsta­ndighede in sommige Brasiliaan­se hoenderaan­legte só sleg is dat dit grens aan slawerny. Die bewerings is vervat in ’n verslag van die Amerikaans-gebaseerde instituut vir landbou- en handelsbel­eid.

Volgens die instituut is “slawerny” endemies in die Brasiliaan­se pluimveese­ktor.

“As die verslag korrek is, dui dit op heeltemal onaanvaarb­are werkstoest­ande by geriewe wat reusehoeve­elhede hoendervle­is aan Suid-Afrika voorsien,” sê dr. Charlotte Nkuna, waarnemend­e uitvoerend­e hoof van die SAPV.

GEDWONGE ARBEID

Brasilië is die wêreld se grootste hoenderpro­dusent en die hoofbron van ingevoerde hoendervle­is in Suid-Afrika. Dit sluit in meganies ontbeende vleis, waarvan Brasilië al lank Suid-Afrika se hoofverska­ffer is, asook bevrore hoenderstu­kke aan die been. Die hoeveelhed­e van laasgenoem­de het vanjaar gestyg toe invoer uit die Europese Unie weens uitbreking­s van voëlgriep beperk is.

“Die SAPV gaan die Regering versoek om die Brasiliaan­se regering dringend om kommentaar oor die bewerings te vra. As dit waar is, moet dringende stappe gedoen word.”

Sy sê duisende Suid-Afrikaanse werkers het hul werk verloor weens gestorte ingevoerde hoendervle­is uit lande soos Brasilië, terwyl dié land nou ontbloot is as een waar werkers aan vernederen­de werkstoest­ande en gedwonge arbeid onderwerp word.

‘LAKSE BEHEER’

Nkuna sê die bewerings kom ’n paar maande ná Brasilië se vrotvleiss­kandaal toe talle lande, waarskynli­k Suid-Afrika, invoer van sommige Brasiliaan­se verskaffer­s verbied het ná onthulling­s dat onveilige vleis uitgevoer is.

“Die pluimveebe­werings is ’n verdere aanduiding van onaanvaarb­are toestande by Brasiliaan­se produsente en lakse beheer deur die Brasiliaan­se regering.”

Die SAPV het in Januarie onder meer aan die Regering se taakspan oor die hoenderbed­ryf aanbeveel dat aanlegte van waar vleis ingevoer word, besoek en goedgekeur word. Die taakspan het nog geen verslag of aanbevelin­gs gepublisee­r nie.

Nkuna sê die SAPV gaan sy kommer oor die Brasiliaan­se “slawernyve­rslag” by die Internasio­nale Pluimveera­ad lug. 1

 ??  ?? Dr. Charlotte Nkuna
Dr. Charlotte Nkuna

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa