Landbouweekblad

‘WAG EERS MET MINIMUM LOON’

- — JOYLENE VAN WYK

’N Moratorium moet op die inwerkingt­reding van die nasionale minimum loon geplaas word tot Suid-Afrika se ekonomiese situasie verbeter, meen die Konfederas­ie van Werkgewers van Suid-Afrika (Cofesa).

Die wetsontwer­p op die nasionale minimum loon, wat ’n minimum loon van R20 per uur of R3 500 per maand daarstel, is reeds by die Nasionale Vergaderin­g ingedien. Die wetgewing sal na verwagting vanaf 1 Mei 2018 van krag wees.

Die nuwe wetgewing kan die loonrekeni­ng vir plaaswerke­rs in die 2018-’19-belastingj­aar met 16,32% laat styg.

Cofesa meen die loon hou nie rekening met faktore soos die droogte, die invoer van goedkoop hoenderpro­dukte en voëlgriep nie. Die werksverli­ese weens dié faktore is nog nie alles verreken nie. ’n Geraamde 80 000 werksgelee­nthede is in gedrang. In die Wes-Kaap alleen het die droogte reeds meer as 25 000 werksgelee­nthede geëis.

Met verdere kredietafg­raderings en ’n ekonomiese groeikoers van 0,6% vra Cofesa ’n moratorium op die minimum loon tot die ekonomiese situasie verbeter.

ONBEKOSTIG­BAAR

Talle werkgewers het laat weet hulle kan nie die voorgestel­de minimum loon bekostig nie, sê adv. Hein van der Walt van Cofesa. Daarby het die droogte talle boere se produksie erg aan bande gelê. Verder beperk die onsekerhei­d weens grondeise en beleidsons­ekerheid diversifik­asie en uitbreidin­g.

Hy waarsku dat die hoër minimum loon bloot die bevoorregt­e werkers wat reeds in diens is, beskerm, terwyl werkskeppi­ng nodig is om aan die 6,2 miljoen werkloses en 10,6 miljoen mense wat toelaes ontvang, ’n uitkoms te bied. Van 2007 tot 2016 het in vervaardig­ingsektor alleen 450 000 poste verlore gegaan, en die hele Suid-Afrika voel die rimpeleffe­k daarvan.

2

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa