SINGAPOER | Nuwe mark vir tofu-afval
’n Span navorsers by die Nasionale Universiteit van Singapoer het ’n manier gevind om okara,’n onwelriekende, onsmaaklike en maklik bederfbare neweproduk van tofu- en sojaproduksie, in ’n bruikbare kosbestanddeel te ontwikkel. Hulle doen dit deur die okara verder te fermenteer met behulp van stoom en ensieme.
Volgens die navorsingsleier is dié “bio-getransformeerde” okara “voedsaam, plantgebaseer en het (dit) die potensiaal om in ’n verskeidenheid kosprodukte gebruik te word”, soos in vleisvervangers en gebakte goedere.
In Singapoer alleen word nagenoeg 10 000 ton okara jaarliks weggegooi.
die Verenigde Nasies se strukture in Rome is trofeejag ferm in die visier van diereregtegroepe, die groen agenda en bewaringsbewustes. Die boodskap is dat die mensdom verby die punt beweeg het waar trofeejag binne die raamwerk van aanvaarbare norme geduld kan word.
Dié drukgroepe meen die beskawing het ontwikkel tot op ’n punt van wasdom waar trofeejag, soos ook die vroeë 1800’s met slawerny die geval was, wêreldwyd met wortel en tak uitgeroei moet word. Hulle werf baie simpatie met die manier waarop hulle die saak aanroer en hul boodskap versprei met moderne kommunikasietegnieke, veral op sosiale media.
Die klein teenreaksie wat veral deur die Europese federasie van verenigings vir jag en bewaring (FACE) aangevoor is, is nog nie naastenby vir dié aanslag opgewasse nie. Die saak ten gunste van trofeejag is besig om die stryd om die hart en mening van diegene in internasionale beleidmakerskringe te verloor.
Trofeejag is waarskynlik die eerste loopgraaf in ’n baie meer omvangryke aanslag teen jag in die algemeen. Dit is deel van toenemende druk vanuit dieselfde dampkring om in die konteks van klimaatsverandering, gesondheidoorwegings en op morele grond die vraag na rooivleis te verminder.
PRODUSENTE SE ROL
van wildsoorte kan speel.
FACE het die Wêreld-boereorganisasie (WFO) om aktiewe steun genader. Aanvanklik het dit na ’n vanselfsprekende vennootskap gelyk.
Ek was egter verras oor die belangeloosheid en selfs oorversigtigheid van ’n groot deel van die wêreld se landbouleiers om oor hierdie saak hul voet neer te sit. Voor die wild- en jagbedryf op internasionale vlak nie hul saak as geheel verkoop gekry het nie, sal dit maar broekskeur gaan om beleidmakers oor ’n wyer front te oortuig.
Dalk is dit omdat die wild- en jagbedryf elders ter wêreld nie so ’n groot rol speel nie. Nêrens is die bedryf mededingender as in Suider-Afrika nie. Dit is veral die Namibiese vereniging vir beroepsjagters wat ’n voortreflike wetenskaplike studie saamgestel het oor die rol wat jag in die algemeen en trofeejag in die besonder in die bewaring van wild, biodiversiteit en die natuurlewe speel.
Dié soort studie kan ’n stewige grondslag vir die wildboere se saak vorm. In die debatte in die Verenigde Nasies en sy agentskappe is daar net twee wapens om mee te veg, naamlik harde werklikhede en logiese argumente. En dan moet ’n mens natuurlik op die slagveld teenwoordig wees, oorgehaal en voorbereid op die dag wanneer dit gelewer word.
Ek glo die tyd is min vir die wildbedryf om homself strategies te posisioneer en voor te berei in ’n internasionale debat wat reeds ’n momentum gekry het. Daar gaan ook nie ’n tweede ronde wees nie.