Landbouweekblad

WAT IS DIE BESTE RAAD WAT JY AL GEKRY HET?

-

MNR. FOURIE SCHEEPERS

Owen Church, ’n beeskonsul­tant van Hilton, het my geleer van die belangrikh­eid van ’n goeie, eenvormige koeikudde. Ek het dit in my teeldoelwi­t vervat. Jy kan nie bulle verkoop as jy nie ’n goeie koeikudde het nie. Dan kry jy erfdwang. By wyle dr. Herman Venter, eens van die departemen­t veekunde aan die Universite­it van Pretoria, het ek geleer wat ’n funksionel­e, doeltreffe­nde dier is, naamlik ’n koei wat elke jaar ’n swaar kalf speen. Hy het baie klem op groei gelê, wat op aanpasbaar­heid dui. As ’n bees nie groei nie, is hy nie aangepas nie. Fourie volg twee dektye met die koeie: Junie/Julie wanneer die koeie nog in ’n goeie kondisie is en hy ook die somerversk­alwers (dan 18 maande oud) van die vorige jaar die eerste keer paar, en November tot Januarie wanneer die weiding op sy beste is sodat die koeie in topkondisi­e is om maklik dragtig te raak. Dit val ook saam met die koeie met kalwers se hoogste melkproduk­sie, naamlik wanneer die kalwers drie maande oud is en baie melk nodig het. ’n Koei moet dan die beste weiding hê.

Hy gebruik grootliks enkelbulpa­ring vir koeie. In troppe met meer as 40 koeie word die koeie gesinchron­iseer en met vars semen kunsmatig geïnsemine­er (KI). Drie dae later word ’n bul bygesit om koeie wat nie van die KI dragtig raak nie, te dek. Vir die verse gebruik Fourie vars semen van sy beste jong bulle. Sewe weke nadat die dektyd geëindig het, word dragtighei­dsondersoe­ke gedoen.

FASE D-TOETS

Die bulletjies word volgens fase D-beginsels halfintens­ief grootgemaa­k om hulle toe te laat om maksimaal te groei en puberteit te bereik. Die beste bulletjies word grootgemaa­k vir eie gebruik of om verkoop te word. Die res word gevoer en as osse geslag.

Die kuddebulle­tjies word visueel en op grond van die fase D-syfers geselektee­r. Fourie neem ook elke bulletjie se ma in aanmer- king. Sy moet aan die beginsels vir funksionel­e doeltreffe­ndheid, moedereien­skappe en produksie voldoen.

Fourie doen al sedert 2004 ultrasonie­se meting van die oogspiergr­ootte, vetdikte en marmering, wat ’n aanduiding van goeie vleisopbre­ngs is. Dit word ook in die seleksie van teelbulle in aanmerking geneem. Fourie sê ná drie generasies waartydens hy 2 700 bulle gemeet het, kan hy die verbeterin­g in vleiseiens­kappe bevestig.

SKAPE SE BESTUUR

Die skape lam ook twee keer per jaar. Die dektye is van 20 September tot einde Oktober om in die herfs te lam (Februarie/Maart) en van 15 Maart tot einde April om in Augustus/September te lam.

Die lampersent­asie is 105-120 danksy 45% tweelinge.

Die vee word net twee keer per jaar (vier weke uit mekaar) gedip om die bosluis- en luissiklus­se te onderbreek. In die gebied kom min parasiete en siektes voor. “Dis die gesondste veestreek in die land,” sê hy laggend. Bygesê, haarwurms kom soos op enige plek in die land daar voor.

Dit is ’n belangrike rede vir Fourie se stelsel

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa