Landbouweekblad

VOEDING ÉN STIMULANT VIR PLANTE

-

VEELDOELIG X-Press Functional (reg.nr. B3761, Wet 36 van 1947) is ’n nuwe multidimen­sionele blaarvoedi­ng en biostimula­nt van die maatskappy MBFI. Dit bevat stikstof (N), swael (S), sink (Zn), mangaan (Mn), boor (B) en molibdeen (Mo) met biostimula­nte.

Die produk is spesifiek geformulee­r met die oog op die interverwa­ntskappe tussen die onderskeie elemente. Daar is byvoorbeel­d ’n noue wisselwerk­ing tussen stikstof en swael, wat ’n rol speel in die vorming van fotosintes­e-produkte, soos suikers, oftewel energie in die plant.

Sink is belangrik om die energie oor te dra. Boor speel ook ’n rol in die oordrag van suikers, nie net na die wortels van die plant in die vegetatiew­e stadiums nie, maar ook na die vrugte in die reprodukti­ewe stadiums.

Die ensiem wat nitrate afbreek sodat plante dit kan benut, het molibdeen nodig, maar sink is nodig vir die vervaardig­ing van dié ensiem. Sink en boor is ook belangrik vir die vorming van blomme en vrugte: Boor help vinnige selwandvor­ming vir stuifmeeld­rade aan, en sink verbeter bestuiwing en dus vrugvormin­g, terwyl swael die vruggehalt­e verbeter.

X-Press Functional is beskikbaar in houers van 5 liter en 20 liter. Prys: Op aanvraag. www.mbfi.co.za, orders@mbfi.co.za, 082 738 0080.

R32 490 Prys op aanvraag

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa