Landbouweekblad

KLEIN BEGIN, GROOT GEWIN

Elma Postma, aanbieder van kuier vandeeswee­k by die Lategans van die plaas Latana buite Oudtshoorn en smul aan heerlike kos wat dié plaas se kaas gemaak is.

-

Aan die voet van die Swartberge, ’n klipgooi buite Oudtshoorn, lê Latana – die tuiste van Dean en Petra Lategan en Latana-kaas. Toe die Lategans, wat vanjaar 42 jaar getroud is, in 2011 afgetree en getrek het na die plaas waar Dean gebore is en grootgewor­d het, was hul plan om iets kleins te begin om hulle besig te hou. Hulle het ’n kaasmaak- kursus bygewoon en in 2012 hul eerste kaas, Latana Boerenkaas, gemaak.

Hulle het klein begin met ’n kaaskamer van 3 m x 4 meter, maar hul belangstel­ling het vinnig gegroei namate plaaslike ondernemin­gs by hulle begin kaas koop het. Kort voor lank was Latana-kaas nie meer ’n aftree-stokperdji­e nie, maar ’n volwaardig­e ondernemin­g.

In 2014 het hulle op aandrang van iemand wat hul kaas op ’n fees geproe het, kaas vir die gesogte World Jersey Cheese Awards ingeskryf. Hulle het nie net internasio­nale erkenning gekry nie, maar is met twee silwer- en drie bronsmedal­jes beloon. Daarna het nog pryse vir hul kaas gevolg.

Petra, wat by haar ma leer kosmaak het, is lief daarvoor om hul kaas in haar kombuis te gebruik en beaam dat jy maklik ’n volledige spyskaart met kaas in elke gereg kan optower. Elma kook saam met haar ’n maklike Mediterree­nse pastagereg met goudbruin, gebraaide halloumi en ’n mondwaterl­ekker panna cotta-verrassing.

Al is hulle tegnies afgetree, is Dean nog lank nie lus vir stilsit nie. Hy het groot toekomspla­nne vir Latana. “Ons wil groot gaan! Ek dink daaraan om ook met bokmelk te begin kaas maak en ons wil soortgelyk­e besighede op ander plase op die been bring.”

Verhit ’n bietjie olyfolie in ’n groot, diep pan en braai die volstruisf­iletrepies vinnig daarin tot goudbruin. Geur met sout, peper, fyn naeltjies en komyn terwyl die vleis braai. Skep die vleis uit die pan en hou eenkant.

 ??  ?? Elma Postma kuier vandeeswee­k by Dean en Petra Lategan, eienaars van Latana-kaas, buite Oudtshoorn.
Elma Postma kuier vandeeswee­k by Dean en Petra Lategan, eienaars van Latana-kaas, buite Oudtshoorn.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa