Landbouweekblad

HAAL DIE ANGEL UIT OPDRAANDES

As jy in die nuwe jaar nuwe hoogtes op jou bergfiets wil bereik en ’n kampioen-klimmer wil raak, gaan dié tegnieke jou help.

-

et die fietsrysei­soen min of meer agter die blad is dit ’n goeie idee om te kyk na tegnieke wat jou kan help om in die nuwe jaar vinniger te raak, gemakliker in die saal te sit en sommer net die sport aangenamer te maak. Opdraandes verg vasbyt, maar dié kunsies gaan jou makliker en gouer bo kry. 1. KORT, HARDE OEFENING. As jy nie gelukkig genoeg is om in die Kaap of Laeveld te bly nie, is die geleenthed­e yl gesaai om teen lang, steil opdraandes vir ’n uur op ’n slag te oefen. Dikwels sien bergfietsr­yers sulke bulte net tydens wedrenne. Die eenvoudigs­te oplossing is om te werk met wat jy het, met ander woorde korter steiltes op die plaas of in nabygeleë woonbuurte. As jy eers begin soek, sal jy verbaas wees hoeveel opdraandes van ’n minuut en ’n minuut en ’n half daar is om te stormloop – met die klem op storm. Benader die korter klimme hard en byna op volle vaart – agt tot tien keer op ’n slag. Ry rustig af, sodat jou liggaam kans kry om kennis te maak met melksuur, die bestanddee­l wat jou brein wil oortuig dat jy nie meer wil aangaan nie. So kan jy binne ’n halfuur ’n goeie sessie insit, wat sommer die verskoning ongedaan maak dat daar nie genoeg tyd vir oefen is nie.

2. RATKEUSE. Ek sien gereeld dat fietsryers bulte aandurf teen ’n pas wat hulle nie tot by die kruin kan volhou nie. Bulte móét slim gery word: Jy moet wag vir die gradiënt om sy tande te wys, die rat of ratte vind wat volgens jou styl gemaklik is en dan die bult teen ’n eweredige pas tot bo ry. As jy teen die voet al begin veg, verg dit net onnodige energie.

3. VERLOOR GEWIG. Ja, dis die duiwelse gedagte so kort voor die vakansie! Kyk egter die waarheid in die oë: Hoe ligter jy is, hoe vinniger gaan jy klim. Verloor gewig of koop ’n peperduur fiets – die een oplossing is gratis en die ander, nou ja, allermins! Die keuse is joune.

4. SLUIT SKOKABSORB­EERDERS. Of jy nou voor en agter skokabsorb­eerders het of slegs voor, dis ’n goeie idee om hulle te sluit sodat daar geen krag verlore gaan nie. Die raad geld egter net as die opdraande half glad of glad is. Daar is niks so sleg soos ’n klipperige bult of een met boomwortel­s of kort gesnyde graspolle waar jou suspensie uitgesluit word nie. As dit die geval is, hou jou skokabsorb­eerders oop sodat die agterwiel op die grond gehou kan word en kragleweri­ng deur die wiel stabiel is.

5. WERK AAN JOU TEGNIESE TALENT OP AFDRAANDE. Afdraande kan jou opdraande verbeter? Natuurlik! Ek het al in menige wedren gesien mense staan en rus nadat hulle ’n lang, tegniese afdraand moes trotseer. Hulle was nie gemaklik met die terrein nie en moes ’n ongeloofli­ke hoeveelhei­d energie uitgee om die onderpunt te haal. Dié onnodige energiebes­teding maak dan die volgende opdraand net soveel moeiliker. Werk aan jou afdraande, bly ontspanne en spaar jou energie.

6. KLIM MEER OM BETER TE KLIM. Dis maar soos enigiets in die lewe. My ander wenke sal jou almal help met opdraandes, maar op die ou end gaan jy net beter klim as jy meer gereeld met die steiltes stoei. As jy ernstig is om in die nuwe jaar groter hoogtes te bereik, bestee báie tyd op die bulte en jy sal gou vrugte pluk.

Gideon van Oudtshoorn is ’n bergfietsg­eesdriftig­e, persoonlik­e fiksheidsi­nstrukteur envryskut-motorfiets­rubriekskr­ywer. Hy is ook eienaar van GVO Bicycles, wat berg-,pad- en vetfietse invoer en versprei.

 ??  ?? Skerp jou tegniek met afdraande op om te keer dat onnodige energie verlore gaan. Dit gaan help vir die stywe bult wat om die draai wag.
Skerp jou tegniek met afdraande op om te keer dat onnodige energie verlore gaan. Dit gaan help vir die stywe bult wat om die draai wag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa