Landbouweekblad

Onvoorspel­bare reën pootjie somerplant­tyd

- — MARLEEN SMITH en ALANI JANEKE

MIDDEL November, die begin van die weste se optimale planttyd, het gekom en gegaan sonder dat ’n pit oor die grootste deel in die grond gesit kon word. In die ooste het onverwagse koue jong aanplantin­gs se ontkieming in die wiele gery.

Mnr. Johan van den Berg, klimatoloo­g by Santam Landbou, sê talle boere in die sentrale en westelike somersaaig­ebied is benoud terwyl hulle wag op reën om te kan plant.

“Ongelukkig lyk die toestande vir reën in dié dele nie belowend in die volgende week of twee nie. Die hoogdrukst­elsel wat tans die gebied oorheers, is baie sterk.”

Intussen plant sommige saaiboere van Heilbron en Edenville in die Vrystaat voluit nadat tot 60 mm reën oor dele van dié distrikte geval het. “Ons is baie dankbaar vir elke druppel,” sê mnr. Pierre van Eeden, ’n boer van dié omgewing.

Volgens die SA Weerdiens is reënval van meer as 80 mm verlede week in dele van KwaZulu-Natal en Mpumalanga gemeet.

NEUTRALE STAND

Klimaatmod­elle wys steeds dat die swak La Niña-verskynsel vir ten minste die duur van die somer behoort te heers. Die meeste modelle wys egter dat ENSO, die indeks wat op die stand van ’n La Niña- en El Niño-verskynsel dui, teen April na die neutrale stand kan terugkeer, sê die Australies­e Weerburo.

Me. Petru Fourie, ekonoom by Graan SA, sê teen begin Desember het die meeste boere in die westelike deel van die somersaaig­ebied nog goeie, wydverspre­ide reën nodig gehad voordat hulle met veiligheid kon begin plant.

Bitter min mielies is nog in Noordwes en die Noordwes-Vrystaat geplant. Noordwes se optimale planttyd vir sojabone en grondbone is vinnig aan die verbygaan. Wydverspre­ide reën het wel die laaste week daar begin val.

Boere in die Noordwes-Vrystaat se optimale sojaboon- en grondboon-planttyd is tot 10 Desember, maar weens te min grondvog kon hulle nog bitter min daarvan plant.

MEESTAL MIELIES

In die Oos-Vrystaat is 80% tot 90% van die beoogde mielie-aanplantin­gs in die landboumaa­tskappy VKB se gebied gedoen voor die optimale planttyd verstryk het. Relatief min ander gewasse is tot dusver aangeplant. In die OVK se gebied is dié aanplantin­gs wat wel gedoen is, later as gewoonlik en in sommige gevalle buite die optimale planttyd nadat dit wel gereën het.

Verder oos lyk die prentjie beter. In Mpumalanga is mielie- en sojaboon-aanplantin­gs afgehandel, hoewel sommige sojaboonaa­nplantings koue-skade gely het wat ontkieming benadeel. In KwaZulu-Natal is boere basies klaar geplant, hoewel drie tot vier weke later as gewoonlik. Aanplantin­gs daar vaar gemiddeld, met toestande wat wissel van baie nat tot droog.

In Limpopo is daar nog tyd vir plant op droëland. Die optimale planttyd daar is vanaf begin Desember. Vroeë sojabone en katoen is onder besproeiin­g geplant. Boere kon sojaboonaa­nplantings onder besproeiin­g hervat ná hul besproeiin­gskoring geoes is, sê Fourie.

In die Noord-Kaap is vroeë sojaboonen mielie-aanplantin­gs deur koue geknou. Dié provinsie se koringseis­oen het egter tot dusver goed verloop. Hulle verwag bogemiddel­de opbrengste en het begin oes.

 ?? FOTO: PIERRE VAN EEDEN ?? Reënbuie verlede week op die plaas Heuningkra­al by Edenville.
FOTO: PIERRE VAN EEDEN Reënbuie verlede week op die plaas Heuningkra­al by Edenville.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa