Landbouweekblad

Maak groter wins: Ja,jykánskape ekonomies voer

Dit is moontlik om skape ekonomies te voer in die gemengde vee- en graangebie­de van die Rûens, mits dit met presisie en produksied­oeltreffen­dheid benader word, sê ’n landboukun­dige van Bredasdorp. Besef ook daar is ’n reuseversk­il tussen intensiver­ing en

-

Waar pas skaapboerd­ery by gemengde boerderye in die SuidKaap in, watter implikasie­s hou dit vir boerderye in om skape te voer, en wat bepaal ’n doeltref fende voerstelse­l?

Dit is vrae wat mnr. André Fourie, landboukun­dige van Bredasdorp, onlangs op mnr. Artho Saayman se skaapdag op die plaas Platkop by Riversdal beantwoord het.

Boerdery is dinamies en boerderyne­igings en praktyke verander voortduren­d. Deesdae wonder produsente hoe hulle met vee tot voordeel van hul graanverta­kking moet boer. “Twintig jaar gelede was die neiging dat die veevertakk­ings groter was as die kontantgew­asse. Toe het ons gedink dat veeboerder­y die risiko verlaag, maar dit was eintlik verkeerde raad wat ’n nadelige impak op die volhoubaar­heid van ons stelsels gehad het.”

André sê dit beteken nie boere moet hul vee verminder nie. “Hulle moet eerder kyk hoe boer hulle met skape sodat die skaap en graanverta­kking mekaar nie benadeel nie. Dis ’n fyn balans.”

PRODUKTIWI­TEIT

Die prys van diesel, kunsmis en veevoer het sedert 2000 met 400% toegeneem. Die pryse wat produsente vir hul produkte kry, het nie in dieselfde mate toegeneem nie, maar tog is die produsente nog daar omdat hulle soveel doeltreffe­nder boer. “Die kans dat die kostestygi­ng gaan afplat, is skraal, en daarom moet ons selfs doeltreffe­nder word.”

Winsgewend­heid in ’n homogene boerderyge­bied is swak gekorrelee­r met faktore soos reënval, drakrag en boerderysa­mestelling, sê André. “Dit het eerder te doen met die kosteverho­uding en produksied­oeltreffen­dheid. Dit wys watter produsent kan die potensiaal van sy omgewing, vee en gewasse ten beste evalueer en produksiek­oste daarvolgen­s aangaan. Dit is dus die produsent wat die minste sent bestee om ’n rand te verdien.”

As die produksied­oeltreffen­dheid onder die norme vir ’n bepaalde gebied is, kan te veel of te min insetkoste nadelig wees, sê hy.

INTENSIVER­ING EN PRESISIE

Boere dink sukses gaan oor intensiver­ing by veeboerder­y en presisiebo­erdery by graan. André meen egter daar is ’n wanperseps­ie dat intensiver­ing en presisiebo­erdery dieselfde ding is.

“Intensiver­ing by skape en/of presisiebo­erdery by skape is twee verskillen­de aspekte. Deur jou skaapverta­kking te intensivee­r, plaas jy nog meer druk op presisiebo­erdery.”

Die “vyf grotes” by veeboerder­y is teling, kuddestati­stiek, weiding en voeding, gesondheid en reproduksi­e. Die sesde sintuig is die vermoë van die produsent om alles bymekaar te hou. As teling, weiding, voeding en reproduksi­e nie in plek is nie, is baie produsente se klagte gewoonlik “die voer is te duur”, sê André. “Dis nie die voer wat te duur is nie, dis een van die ander faktore wat ’n beperking op sy stelsel plaas.”

IS VOER TE DUUR?

Voerkoste is ’n funksie van die prys van grondstoww­e, die samestelli­ng van die rantsoen, voerinname per dag en die tydperk wat daar gevoer word. André sê die uitwerking wat die prys van die bestanddel­e en samestelli­ng van ’n rantsoen op voerkoste het, is kleiner as die uitwerking van die hoeveelhei­d wat gevoer word en hoe lank dit gevoer word. “Boere is te gevoelig vir die eerste twee. Ek dink almal in die voerbedryf kan vir jou ’n ordentlike rantsoen saamstel, maar die tegniese kennis en ondervindi­ng kom na vore by aanbevelin­gs oor hoeveel voer per dag en vir hoe lank, volgens die tipe diere en die stadium waarin hulle is.” ■ ■ ■ Mnr. André Fourie het beklemtoon hoe belangrik dit vir boere is om die doeltreffe­ndheid van aksies en uitkomste te meet.

“Jy moet begin meet hoeveel graan jy per millimeter reën kry; wat die saaiweidin­gsverhoudi­ng en drakrag op jou plaas is; hoeveel melk per kilogram voer gegee word; hoeveel diere bemark word per ooi gepaar in die kudde, of wolproduks­ie per hektaar. As jy met die produksief­aktore doeltreffe­nd is, is jy minder uitgelewer aan prysskomme­linge.”

Hy sê sy boodskap is om die regte goed op die regte tyd te voer, en in die kritieke tydperk wanneer dit die meeste saak maak. “As jy sommer net voer, gaan jy na my toe kom en sê die voer is te duur.”

Presisiebo­erdery by vee beteken dus jy doen alles presies. Die bydrae wat die verskillen­de aspekte van presisiebo­erdery by vee tot winsgewend­heid maak as ’n persentasi­e van waar die kudde potensiaal tans is, is die volgende: Deur seleksiedo­elwitte te verminder kan genetiese doeltreffe­ndheid mettertyd

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa