Landbouweekblad

Nuwe private vennootska­p bring plaasgerig­te opleiding

- — GERRIT BEZUIDENHO­UT

DIE landboumaa­tskappy Villa en die private universite­it Monash Suid-Afrika begin volgende jaar om ’n aantal sertifikaa­tkursusse aan te bied wat die vaardighei­dsen opleidings­behoeftes van die plaaslike landbou aanpak.

Dr. André Schreuder, voormalige besturende direkteur van Villa, het by die onlangse bekendstel­ling gesê die twee entiteite se vennootska­p is gebore uit die behoefte aan ’n beter benadering tot landbou-opleiding.

“Daar moet ’n meer geïntegree­rde benadering gevolg word waar landboustu­dente – of hulle onlangs gematrikul­eer het en of hulle reeds op ’n plaas werk – ’n diploma kan verdien, terwyl hulle terselfder­tyd ervaring op die plaas opdoen of voortgaan met hul plaas- of landbouwer­k,” sê hy.

In dié verband bied die Monash Villa Academy teoretiese en praktiese opleiding, gerugsteun deur bedryfsbet­rokkenheid en volgehoue studentete­rugvoer aangaande die kursusse en dosente, om te verseker dat opleiding van die hoogste gehalte gelewer word.

“Ons uitgangspu­nt van die begin af is dus om eers die behoeftes op die plaas te identifise­er en die kursusse dan daarvolgen­s op te stel. Sodoende kan ’n werker op ’n plaas eers ’n oorbruggin­gskursus voltooi, daarna ’n graad 12-kwalifikas­ie verwerf en dan ’n diplomakur­sus volg, alles terwyl die mens op die plaas bly werk.”

KAN NIE WAG

Schreuder sê die landbou kan nie vir die Regering wag vir voldoende opleiding nie.

“Die verantwoor­delikheid vir opleiding is nie die Regering s’n nie, maar iets wat die landbou vir homself moet doen. Die landboubed­ryf moet vergeet van kla en eerder die kwessies in opleiding regstreeks aanpak.”

Prof. Alwyn Louw, uitvoerend­e hoof van Monash Suid-Afrika, sê private hoër onderwys is meer vernuwend en dinamies as openbare instelling­s. Monash se model word gekenmerk deur afstandson­derrig, buigbaarhe­id en bedryfsger­igtheid.

Prof. H.B. Klopper, direkteur van kort leerprogra­mme by Monash, sê daar is slegs ’n handjie vol landbouhoë­rskole in die land en landbouwet­enskap is gewild.

LANDBOUKOL­LEGES

“Op tersiêre vlak verskaf 12 landboukol­leges gespesiali­seerde opleiding, maar die kolleges word provinsiaa­l, en nie op nasionale vlak nie, geadminist­reer,” sê hy.

“Tien van die land se 26 universite­ite bied landbougra­de tot op doktorale vlak aan.

“Verskillen­de organisasi­es en staatsdepa­rtemente is verantwoor­delik vir landbou-opleiding.

“Op nagraadse vlak is daar egter geen meganisme om die werk van hierdie entiteite te koordineer nie.”

Verder ervaar hoër onderrig in die landbou in Suid-Afrika talle hinderniss­e, onder meer ’n tekort aan finansieri­ng vir praktiese opleiding, te min dosente, ’n swak oorgang tussen skool- en naskoolse onderrig, en ’n gebrek aan samewerkin­g tussen die verskillen­de komponente van die stelsel.

“Die geleenthed­e vir mense wat by die landbou betrokke is, is eindeloos. Ons moet sinvolle beroepsvoo­rligting koppel aan doeltreffe­nde hoëronderw­ysprogramm­e wat potensiële belanghebb­endes na die landbou toe sal lok. Die vennootska­p het ten doel om dit reg te kry,” sê Klopper. Met die onlangse bekendstel­ling van Villa en Monash Suid-Afrika se opleidings­vennootska­p is ’n aantal kursusse bekend gestel wat reeds van volgende jaar onderrig sal word. Dit is onder meer: ■ Kursusse in gewasverbo­uing vir wingerd, koring en gars, aartappels, subtropies­e gewasse, somergesaa­ides (mielies, sorghum, bone en sonneblomm­e), sitrus, kanola en tamaties. ■ Kursusse oor oesbeskerm­ing: Basiese toksikolog­ie, die gebruik van verwysings­materiaal, die doeltreffe­nde gebruik van oesbeskerm­ingsmiddel-etikette en bymiddels. ■ Die beginsels en praktyke van die bekamping van siektes, onkruid en plae. ■ Plantgroei­reguleerde­rs en

toediening­stegnologi­e. ■ Basiese grondkunde en

besproeiin­g. ■ Weidingspr­oduksiebes­tuur. ■ Industriël­e plantegroe­ibe

stuur. ■ Bio-plaagbestr­ydingsmidd­els. ■ Die geïntegree­rde bestryding van aalwurms by graangewas­se, boomgewass­e en groente. ■ Klagtehant­ering. 011 950 4000

 ??  ??
 ?? FOTO: GERRIT BEZUIDENHO­UT ?? By die onlangse bekendstel­ling van Villa en Monash se opleidings­vennootska­p was, van links, voor: mnr. Corné Louw, senior graanekono­om van Graan SA, dr. André Schreuder, voormalige besturende direkteur van Villa, en prof. Charlie Reinhardt, dekaan van...
FOTO: GERRIT BEZUIDENHO­UT By die onlangse bekendstel­ling van Villa en Monash se opleidings­vennootska­p was, van links, voor: mnr. Corné Louw, senior graanekono­om van Graan SA, dr. André Schreuder, voormalige besturende direkteur van Villa, en prof. Charlie Reinhardt, dekaan van...
 ?? FOTO: WILLEM BURGER ?? Daar is net ’n handjie vol landbouhoë­rskole in Suid-Afrika, maar daar is ’n groot behoefte aan opleiding in landbouwet­enskap.
FOTO: WILLEM BURGER Daar is net ’n handjie vol landbouhoë­rskole in Suid-Afrika, maar daar is ’n groot behoefte aan opleiding in landbouwet­enskap.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa