Landbouweekblad

‘Saam is ons beter,’ glo Karen oor bokmelk-besigheid

Karen van der Merwe het Vredesberg Empowering Farms gestig nadat sy die waarde van bokmelk besef het. Die besigheid, wat deur vroue bestuur word, boer met melkbokke en lewer gepasteuri­seerde bokmelk, sagte kaas, jogurt en kefir (’n soort melkdranki­e) aan

-

Hoe het jou ondernemin­g ontstaan? My man, Jan, is ’n skaapboer en my drie seuns maak elke jaar ’n paar hanslammer­s groot – net tot hulle aan die rose begin knibbel en ek hulle dan vinnig terugstuur na die res van die kudde toe! Om die vrede te bewaar het ons ’n paar Saanen-melkbokke gekry om te help om die lammers groot te maak. Die bokke het vinnig aangeteel en ons troppie se melk het te veel geraak om net lammers mee groot te maak. Ek moes ’n plan maak om die melk te gebruik.

Waar het jy toe aan al die produk-idees gekom? Ek het verbruiker­swetenskap gestudeer en is ook baie lief vir lees. Ek doen dus graag navorsing oor voeding, nuwe produkte en maniere om etes vir my gesin interessan­t te hou. My middelkind het tipe 1-diabetes en dit het my aangemoedi­g om ’n produk te skep sonder onnodige suiker en stabilisee­rders. Ek het gelees oor die waarde van bokmelk en wat ek alles daarmee kan doen. ’n Kaasmaakku­rsus het gevolg en ek het ook geleer hoe om jogurt te maak. Dit was die begin van ons ondernemin­g.

Watter ondernemin­gsvorm het jy gekies? Ek het ’n bemagtigin­gsmaatskap­py, Vredesberg Empowering Farms, gestig. Ons werkers besit 40% van die aandele daarin. Ek hou 49% van die aandele en Monica Banda, ’n vennoot van buite wat van volgende jaar af ons bemarking gaan behartig, besit die orige 11% van die aandele. Ons visie is om mense uit ons omgewing te bemagtig, te voed en met kennis en vaardighed­e toe te rus terwyl ons ook ’n winsgewend­e besigheid bedryf. Ons het ons vennote gekies op grond van jare lange vriendskap­pe, goeie verhouding­s, vaardighed­e en mense se belangstel­lings. Ons is spanspeler­s en glo daarin dat ons saam beter is.

Het dit nuwe werkgeleen­thede geskep? Ek het twee werkers opgelei wat my in die kaaskamer help. Ons ander werkers help in die melkstal en met die aflewering van produkte. Ons laat mense medeverant­woordelikh­eid aanvaar vir wat ons doen. Hulle droom saam met my en dit verhoog ons produktiwi­teit.

Hoe belangrik is dit om werknemers deeglik op te lei? Dis belangrik dat die mense saam met wie ek werk die kopskuif maak dat hulle nie werknemers is nie, maar mede-eienaars. Opleiding is veral nodig om geldsake te bestuur. Ons het iemand geïdentifi­seer om vir ons werksessie­s aan te bied oor begrotings, hoe jy bespaar en wat dit behels om jou geldsake goed te bestuur.

Was dit maklik om finansieri­ng te kry?

Wat motiveer jou om aan te hou probeer? Ons is nou eers ’n jaar lank besig met die bokmelkkaa­s, daarom is ons ondernemin­g eintlik nog in sy kinderskoe­ne. My geloof motiveer my. Ek glo ek moet dit doen om ’n verskil te maak. Ek het ’n droom in my hart en ek glo ons het ’n goeie produk. Dit is ’n wenkombina­sie om my in moeiliker tye te motiveer.

Jy’t baie hooi op jou vurk. Watter wenke het jy om tyd te bespaar en by alles uit te kom? Moenie bang wees om vrae te vra en by ander te leer nie. Dit kan jou baie tyd en geld bespaar. Ek het iewers gelees: Gee my ses uur om ’n boom af te kap en ek sal die eerste vier uur gebruik om my byl skerp te maak. Goeie beplanning lei tot die suksesvoll­e uitvoering van take.

Het jy goeie raad gekry wat jy graag toepas? Jy moet die nismark bínne die nismark vind. Begin dan klein en groei saam met jou mark. Mislukking het my ook geleer môre is nog ’n dag; jy kan weer probeer. Soms is dit ook beter om net ’n kans te waag: Wie weet, jy kan dalk net suksesvol wees.

Wat beskou jy as die geheim vir jul sukses? Dis ’n kombinasie van harde werk, ’n goeie produk en heeltydse bemarking. Die balle moet almal heeltyd in die lug wees – ek herinner myself gereeld daaraan.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa