Landbouweekblad

Wees eers bemarker, dan graanboer

- — JOHAN NORVAL

Slim sakesin op Safex en strategies­e gewasbemar­king het die nasionale Jongboer van die Jaar die afgelope 18 jaar goed te pas gekom om reusespron­ge in die besproeiin­gsbedryf te maak.

Mnr. Jaco Strauss van die plaas Lekkerkry naby Hartswater in die Noord-Kaap sê tegnologie­se vernuwing het hom toegelaat om sy bewerkings­praktyke en produkte te verbeter. “Met die ondervindi­ng wat ek die afgelope 18 jaar opgedoen het, het ek ook geleer om my produkte strategies beter te bemark.”

Jaco glo in diversifik­asie – van die grootste vertakking­s, wat katoen en grondbone insluit, tot lusern, wat net 3% tot die boerdery-omset bydra. Hy meen daar is altyd plek vir grondbone van goeie gehalte in ’n wisselbous­telsel. “Pekanneute is wel die goue sleutel in die produsent se bos sleutels, maar ek diversifis­eer eerder my produksie met net ’n gedeelte op die uitvalhoek­e en behou die spilpuntve­rbouing as my hoofboerde­rypraktyk.”

Danksy verbeterde boerderypr­aktyke, tegnologie­se vordering en grondverkr­yging het die boerdery-omset sedert 2014 meer as verdubbel en die opbrengs per hektaar het met bykans 59% gestyg.

Van Jaco se doelwitte vir die komende produksiej­aar is om sy produkte vooraf te kontraktee­r en sy opbrengs op belegging presies uit te werk. “Om mielies te verskans, is baie riskant. Aangesien die lae pryse onder my kosprys is, het ek mielies op die mark teruggekoo­p om uit ’n verwagte toekomstig­e prysstygin­g voordeel te trek.”

Een van die filosofieë waarop hy sy boerdery bou, is dat ’n gebrek aan kontantvlo­ei tot ’n gebrek aan besluitnem­ing lei. Hy probeer dié situasie tot elke prys vermy.

Verder het goeie personeelb­estuur, deelname aan werkerbema­gtiging en gemeenskap­sbetrokken­heid hom ’n waardige wenner van die titel gemaak

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa