Landbouweekblad

Laer opbrengs maar meer wins?

- AMELIA GENIS

Die vraag wat by mnr. MG Lötter van Warmoeskra­al naby Caledon spook, is: Kan ’n Kaapse graan-en-veeboer sy rug keer op ’n boerdery wat plaagdoder­s, kunsmis en brandstof intensief gebruik en steeds ’n wins maak?

“Hoekom moet ons mik na ’n 4 ton-oes as ons weet ons kan gemaklik 2,5 ton afhaal sonder te veel koste? Wat het ons verkeerd gedoen om deesdae so baie gif te gebruik? En waarom is daar steeds so baie onkruidsaa­d in die grond?” wonder MG, wat nie skroom om konvension­ele graanprodu­ksieprakty­ke uit te daag nie.

Hy beproef maniere om redelike graan-envee-opbrengste te behaal sonder om reusebedra­e aan produksiem­iddele te bestee en almal op die plaas uit te put.

Hy volg sy eie weergawe van die Bybelse opdrag aan boere om hul grond elke sewende jaar te laat braak lê deur sy lande in sewendes op te deel en die kampe wat moet rus met voordelige gewasse te beplant. Die dekgewasse word ook nie bewei nie.

“Die eerste jaar ná dekgewasse is goed, die jaar daarna is nader aan die gemiddelde, maar die gemiddelde is op ’n hoër vlak as die kampe wat nog nie gerus het nie.” Sy vrae is meer as sy antwoorde, maar hy is bereid om by die natuur te leer (soos sy plan om ’n marginale weikamp met koring te saai en die hek toe te maak, sonder om te bemes of swam- of onkruiddod­er te gebruik) en ’n lang pad te loop. Hy doen byvoorbeel­d nie meer diepbewerk­ings nie, selfs al beteken dit meer graan per hektaar in die eerste jaar. Dié kampe se opbrengste sak tot ondergemid­deld in die tweede en derde jaar ná die diepbewerk­ing, en herstel eers weer in die vierde jaar. “Ek het opgehou om R400/ha te mors om vir een jaar ’n beter oes te kry.” –

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa