Landbouweekblad

WATERSLIM PLAN MAAK WÊRELDWYD OPSLAE

- — LUCILLE BOTHA

Mnr. Louis Loubser, ’n vrugte-en-wynboer van die plaas Vinefera buite Robertson, het ’n plastiekom­hulsel ontwerp wat water om bome se stamme konsentree­r en tot 62% water en elektrisit­eit bespaar, asook onkruidbes­tryding vergemakli­k.

Sy Tree Hog keer dat water oor ’n groot oppervlakt­e versprei, wat verdamping beperk. Dit voeg dus die voordele van mikro- én drupbespro­eiing bymekaar en laat ’n boer toe om ’n groter volume water in ’n korter tyd toe te dien. “Dis soos ’n groot drupvoetsp­oor.”

Ná 20 minute se besproeiin­g was die grond om die stam (en onder die Tree Hog) minstens 260 mm diep deurnat – sonder dat daar nog tyd was vir afsak. In die blok langsaan, waar daar nie Tree Hogs is nie, is daar ’n groot, nat kol onder die boom, maar die grond is net sowat 25 mm diep nat.

“My proewe het gewys met die Tree Hog is die verdamping­sfaktor laer, daar groei nie onkruid om die stam wat meeding om water nie en die bome se blaredak ontwikkel vinniger en meer eenvormig. Ek het egter regtig opgewonde geraak toe ek sien ek kry dié resultate deur net een uur per week te besproei, teenoor die ses uur wat nodig is sonder ’n Tree Hog. Dit is ’n besparing van 62%.”

Die plan het ontstaan nadat ’n besproeiin­gskanaal in oestyd gebreek het en Louis met ’n plastiekpo­t begin rondspeel het op soek na maniere om verder te kom met die bietjie beskikbare water. Ná maande se verfyning, patentregk­wessies en proewe, is die Tree Hog aan die bedryf beskikbaar gestel. Dit het gou ander boere en selfs internasio­nale vrugte-ondernemin­gs (soos Primafruit UK en Barloworld Agricultur­e) se aandag getrek.

Die Tree Hog kan tot R40 000/ha (na gelang van die plantdigth­eid) kos.

“’n Boer moet die koste egter oor vyf tot tien jaar beskou, want hy gaan minder onkruiddod­er nodig hê, die probleem van mikrospuit­e wat omval of afgetrap word, is iets van die verlede, kunsmistoe­diening sal verminder en sy bome gaan moontlik gouer in drag kom.”

Pleks van nóg water te koop, kan die Tree Hog ’n boer help om in meer boorde te belê, sê Louis. co.za 072 549 9925. louis@treehog.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa