Landbouweekblad

LOGISTIEKE NAGMERRIE VIR OORGRENSVE­RVOER OPGELOS

- — JASPER RAATS

Een van die jaar se ongewone boereplann­e is dié van ’n boerseun van Limpopo. Sy plan? ’n Sagtewares­telsel vir die elektronie­se oorbetalin­g van geld wat oorgange by grensposte en die betaling by brandstofd­epots vir vragmotorb­estuurders vergemakli­k.

Mnr. Willie Esterhuize­n van Marken verander Afrika se handelsroe­tes en grensposte vir vervoermaa­tskappye van ’n logistieke nagmerrie in ’n administra­tiewe formalitei­t.

Die stelsel is veilig en skakel ook korrupsie uit. Dit vergemakli­k vragmotorb­estuurders se kontantbeh­oeftes op lang oorgrensri­tte in Afrika deur hul koste by grensposte te dek én hul brandstof vooraf uit ’n kantoor te betaal.

Dit het begin toe Willie in 2012 na die Demokratie­se Republiek van die Kongo gereis het. Hy het die geleenthei­d gesien om vir vragmotorb­estuurders se maatskappy­e ’n oplossing te bied deur die goed gevestigde netwerk van Bureau de Change. Daar is ’n kantoortji­e by byna elke hoofgrensp­os op die vasteland suid van die ewenaar. Dit was dus maklik om dié infrastruk­tuur te gebruik en so is Inter Africa Transport Forex gestig.

Hy het met vlootbestu­urders ooreengeko­m dat hulle die brandstof, tolgeld en administra­tiewe grenskoste aan Inter Africa oorbetaal. Dit word dan by grensposte aan vragmotorb­estuurders beskikbaar gestel.

Danksy die ontwikkeli­ng van harde- en sagteware kan ’n bestuurder nou by twee brandstofd­epots, een in Livingston­e en een in Lusaka in Zambië, aanmeld. Sy rekening is vooraf op die stelsel gelaai vir ’n bepaalde hoeveelhei­d brandstof. “Op die grenspos word dus net papierwerk gedoen.” africabdc.co.za; willie@inter www.transportf­orex.com

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa