Landbouweekblad

WERK VIR EKONOMIESE TRANSFORMA­SIE

- ALBERTUS SMIT Paarl

Die hooftema van die ANC se afgelope nasionale verkiesing­skonferens­ie was radikale maatskapli­k-ekonomiese transforma­sie (RET), wat die volgende drie pilare het:

Ekonomiese groei. Werkskeppi­ng. Die billike verdeling van inkomste, welvaart en bates. Die konferensi­e is afgesluit met ’n aankondigi­ng dat daar eenparig besluit is dat die Grondwet verander moet word sodat grondontei­ening sonder vergoeding moontlik sal wees.

My indruk is dat die party RET teweeg wil bring deur bates te gryp. Dit kan nooit slaag nie en sal die ekonomie vernietig. Die blote aankondigi­ng veroorsaak dat boere en ander sakemense twee keer gaan dink voor hulle vaste beleggings gaan maak wat werk sal skep. Dus gaan Suid-Afrika se dwingendst­e probleem – werklooshe­id – erger raak.

Daar is geen twyfel dat RET in Suid-Afrika moet plaasvind nie. Met RET bedoel ek dat alle inwoners van die land deel moet wees van die ekonomie. Wat moet dan gedoen word? Die sukses van volhoubare RET is opgesluit in een woord: werk. Dink net hoe Suid-Afrika vandag sou gelyk het indien daar geen werklooshe­id was nie.

My definisie van werk is om iets te doen wat ’n probleem vir iemand anders oplos en in ruil daarvoor vergoeding te ontvang. Hoe groter die probleem is wat opgelos word, hoe groter is die vergoeding. Daarom sal ’n dokter wat ’n ernstige mediese probleem oplos, altyd meer vergoeding ontvang as iemand wat die probleem van lang gras by die dokter se huis oplos.

Die probleem met ’n groot deel van Suid-Afrika se bevolkings is dat hulle nie die nodige vaardighed­e het om enige probleme van ander mense teen vergoeding te kan oplos nie. Hulle kan nie werk nie.

Die volgende tydlose beginsels sal help om RET te laat plaasvind: Die eiendomsre­g van bates moet gewaarborg wees, anders sal daar geen vaste beleggings wees nie en gevolglik geen werk geskep word nie. Transforma­sie begin by die individu. Dit is elke mens se eie verantwoor­delikheid en keuse om te transforme­er van iemand wat nie kan werk nie na iemand wat kán werk. As jy vir iemand anders gaan wag om jou te transforme­er, gaan jy baie lank wag. Almal in Suid-Afrika moet geleer word om te werk. Opvoeding en onderwys is dus die eerste ding wat aangepak moet word. Daar is geslagte mense wat nie kan werk nie. Hierdie mense sal op ’n spesiale manier gehelp moet word. Ons is in ’n nuwe stryd teen werklooshe­id en armoede gewikkel. Soos mense in die verlede diensplig gedoen het in die weermag, moet hulle nou diensplig doen in werkopleid­ingskampe. Mense wat te oud is of ongeskik is om te werk, moet maatskapli­ke toelaes ontvang tot hul dood. Aan alle ander mense moet maatskapli­ke toelaes net vir ’n tyd lank betaal word. In dié tydperk moet die mense verpligte opleiding ondergaan sodat hulle in staat is om te werk en vir hulle en hul families te sorg. Landbougro­nd kan slegs aan mense gegee word indien hulle gehelp word om as landboupro­dusente te werk. As alle grond in Suid-Afrika vandag in gelyke dele onder alle Suid-Afrikaners verdeel word, sal ek ál my geld daarop verwed dat daar binne 10 jaar weer mense sal wees wat nie werk nie en sonder grond is. Die eienaars van die grond sal mense wees wat werk.

Daar word baie gepraat oor gratis opleiding en ander dienste wat gratis gelewer moet word. Niks is gratis nie. Iemand anders moes wérk om dit gratis aan jou te gee. Verder word alles wat gratis verkry word, gewoonlik misbruik.

Die sleutel tot ekonomiese vryheid vir alle mense is wérk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa