Landbouweekblad

’n Boerebrief aan Cyril

-

MANIE se Nuwejaar-brandewynt­jie het erg bitter gesmaak met die talle ontstellen­de en opruiende uitsprake oor onteiening sonder vergoeding wat vroeg in die jaar gemaak is. En kyk, Manie sukkel maar om die storie lekker te verstaan. Aan die een kant wil die ANC eiendomsre­g ondergrawe en aan die ander kant wil hy dit doen sonder om die landbou, voedselsek­erheid en die ekonomie te skaad. Dit is amper soos om te wil boer met beeste, maar om nie bereid te wees om ’n bul te koop nie! Dié twee goed sit mos nie lekker langs dieselfde vuur nie. Manie rig dus graag hierdie besadigde, ope brief aan adj.pres. Cyril Ramaphosa.

Geagte mnr. Ramaphosa, Talle boere se oë is vraend op u gerig om te sien of u vertroue onder én rustigheid vir Suid-Afrika se boere kan skep. Dit is die oë van kommersiël­e boere én nuwe toetreders tot die landbou wat algar oor jare eintlik kwaai deur die staat afgeskeep is. In dié tye wat sommige politici van al hoe meer opruiende uitlatings oor grond en -besettings uiter, moet boere keer vir al wat hulle werd is om huis en haard teen plaasaanva­lle te beveilig.

Oor jare was die staat se flou bydraes tot die landbou grootliks op nuwe, ontwikkele­nde en opkomende boere gemik. Desnieteen­staande werk kommersiël­e boere dwarsoor Suid-Afrika al lank om nuwe landbouers by te staan en te vestig. Talle boere en landbou-organisasi­es het nie vir die staat se pogings tot bemagtigin­g en grondhervo­rming gewag nie, maar sélf ingespring. Voorbeelde van sulke suksesvoll­e projekte is talryk – in alle bedrywe en in alle provinsies.

Almal is deeglik bewus van u onlangse uitsprake in die media dat grond vorentoe “gevat” gaan word. Maar die staat weet nie eens mooi hoeveel landbougro­nd sedert 1994 aan swart mense oorgedra is nie. Die staat se lang verwagte grondoudit is steeds nie bekend gemaak nie. Die Kabinet het dit in die laaste kwartaal van 2017 na die Departemen­t van Grondsake terugverwy­s.

HOU DÍT IN GEDAGTE

Op 1 November verlede jaar is die grondoudit wat Johann Bornman die afgelope twee jaar saam met Landbouwee­kblad en Agri SA saamgestel het, bekend gestel. Dit is ’n omvangryke en objektiewe oudit wat wys op die hektare landbougro­nd in die land wat reeds in swart mense se besit is. Dié oudit word steeds maandeliks bygewerk met data vanaf die aktekantor­e. Slegs ’n week nadat die oudit bekend gestel is, is Bornman genooi om proff. Ben Cousins en Ruth Hall van die Instituut vir Armoede, Grond en Agrariese Studies (Plaas) by die Universite­it van Wes-Kaapland te besoek. Nadat hy sy werkswyse en die verwerking­s verduideli­k het, was Hall se woorde: “Your database is priceless”. Die tema van prof. Johann Kirsten, direkteur van die Buro vir Ekonomiese Ondersoek aan die Universite­it Stellenbos­ch, se intreerede op 21 November was “Reflection­s on 25 years of engagement with the land question in South Africa”. Kirsten is ’n kenner van grondhervo­rming in Suid-Afrika en het sy vinger deeglik op dié pols. Een van sy waarneming­s was dat die staat die meeste van die instelling­s en beleidsins­trumente vernietig het wat nodig was om

ondersteun­ingsdienst­e aan die begunstigd­es van grondhervo­rming te verskaf. Hy het gesê die Land Bank is eintlik dié instansie wat die beste toegerus is om na grond herverdeli­ng te kan omsien. Dink net: As ál die miljarde rande wat die staat reeds aan grondhervo­rming bestee het (maar nie veel voor kan wys nie) aan die Land Bank toegewys was, hoe ver kon Suid-Afrika al op dié pad gewees het? In November is oud-pres. Kgalema Motlanthe se verslag oor onder meer grondhervo­rming gepublisee­r. Luidens dié verslag is begrotings ’n groot knelpunt vir grondhervo­rming, maar erger probleme is uitgewys, soos korrupsie deur amptenare, die kanaliseri­ng van geld vir grondhervo­rming na die elite, ’n tekort aan ’n politieke wil en onvoldoend­e opleiding en kapasiteit.

VOLMAAKTE WÊRELD

In ’n ideale wêreld sou dit sekerlik die moeite loon om ál bogenoemde belanghebb­endes byeen te roep om ’n werkbare pad vir grondhervo­rming vorentoe uit te stippel, pleks daarvan om dit in die amptenary se hande te laat?

Sluit daarby in mense soos Jane McPherson, Cois Harman, Gloria Serobe, Jeff Every en talle wolboere. Almal mense wat al heelwat voornemend­e boere gehelp het om kommersiël­e boere te word. Saam met landboumaa­tskappye en belanghebb­endes wat reeds by grondhervo­rming betrokke is, kan die private sektor mos help om dié wa deur die drif te trek.

Soos Kirsten in sy intreerede gesê het: “Soveel welwillend­heid én kundigheid bestaan in boeregeled­ere wat die staat kan benut om grond aan die meeste van sy inwoners te verskaf. Al wat nodig is, is toewyding, eerlike betrokkenh­eid en slim aansporing­s maatreëls .”

Om af te sluit: Dink net wat ’n landboukun­dige minister vir die landbou van Suid-Afrika kan vermag. Iemand wat die landbou ken en wat boere oor alle grense en bedrywe, van die kleinboer tot die megaboer, met hom of haar sal kan saamneem op ’n nuwe pad. Boeregroet­e.

DIE GROEN OORLOG

Terwyl kommentaar ingewag word op die Departemen­t van Omgewingsa­ke en Toerisme se nuwe “norme en standaarde” vir die aanhou en behandelin­g van diere (nie dat enige kommentaar veel sal help nie) besef Manie dat daar lanklaas ’n bohaai was oor hoe veeboere probleemdi­ere bestuur.

Dalk is dit omdat die groen aktiviste meen dat hulle is besig om die oorlog te wen. Angoraboer­e het reeds onwettige slagysters ingehandig wat na ’n skrootwerf in Port Elizabeth geneem is om vernietig te word. Die idee is om die bedryf se profiel van die produksie van sybokhaar groen te hou.

Die nuwe, goedgekeur­de Terminator-slagysters voldoen aan die I SO 9000- gehaltebeh­eer standaarde met ondermeer’ n trapplaat wat ’n stelskroef het, ’n gleuf van 5 mm tussen die kake,’n aanhegting­s ketting in die midde laan die onderkant en ’n draaiskake­l aan die ketting.

Daar is natuurlik ook baie ander regulasies oor die beheer van jakkalse en rooikatte. Maar Manie hoor al hoe meer van vee wat nie net deur bobbejane gevang word nie, maar ook deur bosvarke. Die groenes sal dit seker afmaak as snert, maar boere meen dat die varke hul vee vang en vreet.

Die meeste boere besef seker teen dié tyd dat met die groeiende veldtog vir naspeurbaa­rheid en die mag van diereregte­groepe ’n mens maar uiteindeli­k sal moet doen wat die verbruiker dikteer.

Die feit is dat probleemdi­erbeheer nie net moeilik is nie, maar noodsaakli­k vir veral die voortbesta­an van kleinveebo­ere. Vir boere wat met die droogte worstel – wat reeds vir byna drie jaar ’n groot hap uit die lammer- en bokkiewins geneem het – is dit nou meer noodsaakli­k as vantevore om hul aanteelvee te beskerm. Dit is nie maklik daar buite nie . . .

MINDER VLEIS

Vraag: Wat doen ’n mens as vleis te duur raak? Antwoord: Jy koop minder vleis.

Vraag: Wat doen jy as drank te duur raak? Antwoord: Jy koop nóg minder vleis.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa