Landbouweekblad

Vleispryse aan boere daal aansienlik

- — THEUNS BOTHA

DIE nuwe jaar het nog min vreugde vir veeboere meegebring. Die droogte kring al hoe wyer uit en vleispryse het sedert Kersfees skerp teruggesak. Groot dele van die land is boonop die afgelope paar dae deur ’n hittegolf getref wat die mielieoes kan knou.

Mnr. Francois du Toit, voorsitter van die OosKaapse Rooivleisp­rodusenteo­rganisasie, sê die huidige prys van sowat R35/kg vir speenkalwe­rs is heelwat laer as verlede jaar se prys van R45/kg.

“Die rede is nie soseer ’n groter toevloei na die mark nie, maar voerkrale wat vol is.”

Hy meen nietemin dat pryse nie veel verder sal terugsak nie aangesien die aanbod steeds betreklik laag is. “Dit is ook ’n normale patroon dat pryse ná Kersfees terugsak omdat verbruiker­s baie minder geld in hul sak het ná die vakansie en weens die koste van kinders wat skool toe moet gaan.”

Du Toit sê die prys van stoorlamme­rs het sedert Kersfees met sowat R5/kg tot R39/kg teruggesak. Verlede jaar is die lammers nog teen tot R45/kg verkoop.

Lamsvleisp­ryse het van meer as R82/kg aan die haak tot minder as R72/kg gedaal.

Graad Cbeesvleis is die minste geraak en verhandel bykans op dieselfde vlak van R42/kg as verlede jaar.

R20/KG MINDER

Mnr. Dries Wiese, voorsitter van die SA Dorpertele­rsverenigi­ng, sê in die NoordKaap kry boere tans R20/kg minder vir hul skape by abattoirs.

Du Toit sê veeboere in die omgewing van Aberdeen, Willowmore en Jansenvill­e voer nie meer hul aanteelvee vir produksie nie, maar net om die diere aan die lewe te hou.

Temperatur­e van meer as 45 °C is die afgelope paar dae in groot dele van die Vrystaat, die

Karoo en die OosKaap gemeet.

Mnr. Handré Schoeman van Ida sê hy het 100 ha droëlandmi­elies wat nou saad maak. Dit is besig om heeltemal te verdroog.

MIELIEPRYS

Dr. Pieter Prinsloo, adjunkvoor­sitter van die Rooivleisp­rodusentev­ereniging, sê indien die mielieoess­katting hoër is as die werklike oes, gaan mielieprys­e weer styg, wat speenkalfp­ryse verder afwaarts gaan druk.

“Die voerkrale het vir ’n paar jaar nie geld gemaak nie as gevolg van die hoë mielieprys.”

Hy sê die normale siklus is dat pryse laer word van nou tot in Mei, en voeg by dat graad Cbeesvleis in die OosKaap nou duurder is as graad Avleis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa