Landbouweekblad

Haak eiendomstr­ansaksies vas oor onteien-planne?

- JASPER RAATS

BELEIDSONS­EKERHEID oor die eiendomsre­g van grond het die voorkoms van swak wildpryse vererger. Dit het ook bygedra tot die verlangsam­ing van grondwaard­e in Limpopo, sê mnr. Piet Warren, bekende wild-en-beesboer van Gravelotte.

Die pryse van grond waarop daar in Limpopo tradisione­el met wild en beeste geboer is, het in die laaste kwartaal van verlede jaar met tot 60% verlangsaa­m. “Dit het skielik baie moeilik geword om ’n plaas te verkoop,” sê Warren. “Niemand in hierdie omgewing is lus om ’n plaas te koop nie en ek kan hulle nie kwalik neem nie. Hoe kan jy vandag iets koop as jy môre nie gaan weet of dit nog enige waarde gaan hê nie?”

Mnr. Philé van Zyl van die varsproduk­te-reus ZZ2 gee toe dat die waarde van sekere plase dalk drasties verlangsaa­m het, maar sê dit het eerder met die swak wildmark te doen as met

politiek. Hy sê besproeiin­gsgrond waarop groente en ander gewasse met hoë waarde verbou word, is steeds duur en daar is geen teken van pryse wat daal nie.

UITVOER KAN BAAT

Warren sê as wild-en-beesboer sal hy egter nie nou in grond belê nie. Hy sê ook boere wat

uitvoergew­asse, soos avokado’s en sitrus, verbou, sal daarby baat vind as die Regering grond sonder vergoeding probeer onteien. “Dit sal die rand se waarde laat tuimel en uitvoerder­s sal duisende rande vir hul produkte in die buiteland verdien.”

Mnr. Nico Kruger is ’n eiendomsag­ent van Limpopo wat

hom op die bemarking van plase toespits. Hy bevestig dat wild- en leefstylpl­ase se waarde met omtrent 50% verlangsaa­m het. Hy skryf dit toe aan die swak pryse wat skaarswild verlede jaar behaal het, die impak van 2016 se droogte en die trae ekonomie. Kruger sê landelike veiligheid en politiek dra ook in ’n mate daartoe by, want nie een van die kopers wat nou grond koop, gaan bly op die plase nie.

Hy sê die kopers is byna almal uit stede in Gauteng en hulle koop die plase kontant. Hulle onderhande­l en druk verkopers tydens transaksie­s vir soveel ekstras as moontlik –

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa