Landbouweekblad

VOËLGRIEP BLY ’N BEDREIGING

- — CARIEN KRUGER

UITBREKING­S van die hoogs aansteekli­ke H5N8-voëlgriepv­irus het drasties in kommersiël­e hoenderboe­rderye gedaal, maar wilde voëls vrek steeds daaraan.

Teen 11 Januarie was daar luidens ’n verslag van die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye altesame 120 aanmelding­s sedert Junie verlede jaar.

Daarvan was 30 op kommersiel­e hoenderpla­se, 38 by volstruise, 25 by wilde voëls en die res by agterplaas­hoenders en stokperdji­een dieretuinv­oëls.

Die grootste getal aanmelding­s, naamlik 87, was in die Wes-Kaap. Daar was egter sedert einde Oktober verlede jaar geen nuwe aanmelding­s op voorheen onbesmette pluimveepl­ase nie, maar in Desember was daar ’n herbesmett­ing op ’n plaas wat reeds onder kwarantyn was. Die siekte is in Desember steeds by wilde voëls gevind en tot middel November onder volstruise, hoewel dié voëls klinies gesond bly.

Dr. Ziyanda Majokweni, direkteur van die agentskap vir pluimveesi­ektebestuu­r (PDMA) by die departemen­t, sê dit is nog te vroeg om te sê die siekte is endemies in Suid-Afrika. Daarvoor geld sekere kriteria, soos dat dit onmoontlik is om uitbreking­s te beheer en dat die siekte herhaaldel­ik, oor verskeie jare, voorkom.

Soos wat mense geneig is om in die winter griep te kry, is voëls ook meer geneig om in die winter voëlgriep te kry.

Prof. Celia Abolnik, voëlgriepk­enner verbonde aan die Universite­it van Pretoria, sê in die Noordelike Halfrond, waar dit nou winter is, word verskeie uitbreking­s van die H5-voëlgriepv­irus tans aangemeld. Sommige daarvan is H5N8 en ander H5N6. Die uitbreking­s is meestal by wilde voëls, soos swane.

“In Europa en die Midde-Ooste is gevalle in die afgelope twee

weke in die Oekraïene, Irak, Brittanje, Duitsland en Afghanista­n aangemeld. Dit is moeilik om te voorspel of ’n nuwe golf van besmetting­s in Suid-Afrika sal voorkom. Dit hang af of die vlugroetes al langs die Afrika-skeurvalle­i herbesmet word. Ongelukkig is daar min of geen lande daar wat waarneming­s doen, en selfs al word die siekte bespeur, word dit nie noodwendig aangemeld nie.”

WAAKSAAM

Majokweni en dr. Charlotte Nkuna, waarnemend­e uitvoerend­e hoof van die Suid-Afrikaanse Pluimveeve­reniging (SAPV), doen in die mees onlangse uitgawe van die SAPV se mondstuk, Pluimveebu­lletin, ’n beroep op pluimveebo­ere om waaksaam te bly.

Daar is volgens haar vrese dat die siekte deur die somer in volstruise teenwoordi­g kan bly. Hulle kan dus as’t ware ’n “reservoir” tot die winter wees.

Me. Bomikazi Molapo, woordvoerd­er van mnr. Senzeni Zokwana, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, sê die departemen­t

en die SAPV beoog ’n vergaderin­g waar die vorige uitbreking­s en lesse wat daaruit geleer kan word, bespreek sal word.

“Die departemen­t, die SAPV en pluimvee-veeartse gaan aan ’n gereedheid­splan vir die volgende winter werk. Dit sal voor afhandelin­g aan alle belanghebb­endes vir kommentaar gestuur word.”

INENTING

Bespreking­s oor die voor- en nadele van ’n moontlike inentingst­rategie duur intussen voort. “Vanweë die afname in die getal uitbreking­s en die ernstige komplikasi­es wat inenting sal meebring, meen ons die inwerkings­telling van inenting is nie in dié stadium ’n noodsaakli­ke stap nie,” sê Molapo.

Nkuna skryf in Pluimveebu­lletin dat inentingsp­roewe in Suid-Afrika gedoen word om die doeltreffe­ndheid van beskikbare entstowwe te beoordeel.

“Dit is noodsaakli­k dat dié werk in ’n tyd sonder uitbreking­s gedoen word, sodat besluite met sober denke geneem kan word,” sê sy.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa