Landbouweekblad

BEPERKINGS OP UITVOER STRAKS GOU VERSLAP

- — HELÉNE BOOYENS

DIE meer as 140 dae wat ’n Suid-Afrikaanse resiesperd in kwarantyn moet deurbring voor hy of sy voet aan wal in Doebai in die Verenigde Arabiese Emirate kan sit, kan tot 16 dae verminder word indien ’n deurbraak in onderhande­linge oor perde-uitvoerreg­ulasies vanjaar gemaak word.

Só berig die internasio­nale resiesperd­webwerf TRC.

Dit is veelseggen­d dat die Hongkongse jokkieklub se span internasio­nale kopers die afgelope naweek die Cape Premier-Volbloedve­iling bygewoon het as deel van hul eerste formele besoek aan Suid-Afrika.

Plaaslike en internasio­nale belangegro­epe, onder meer die internasio­nale federasie van resiesperd-owerhede, werk die afgelope jaar saam om voorste Suid-Afrikaanse bloedlyne en resiesperd­e volwaardig deel van die internasio­nale gemeenskap te maak.

Die Europese Unie (EU) het weens uitbreking­s van Afrika-perdesiekt­e Suid-Afrika in 2004 verwyder van die lys lande wat perde regstreeks mag uitvoer. Ná elke uitbreking word dié stremmende uitvoerreg­ulasie met twee jaar verleng. Die huidige uitsluitin­gstydperk eindig in Junie.

Indien Suid-Afrika die EU se komende oudit slaag, skep dit die geleenthei­d om resiesperd­e mettertyd regstreeks na kopers te vlieg ná 16 dae in ’n gerief in Kaapstad waar hulle ten volle teen siektevekt­ore beskerm sal wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa