Landbouweekblad

KRY JOU WILDBOERDE­RY AAN DIE GANG

- CHARL VAN ROOYEN

DIE eerste Aldam-wildskool, wat op dieselfde grondslag as die Aldam-veeskool aangebied word, vind op 14-15 Maart by die Allemanskr­aal-vakansieoo­rd naby Ventersbur­g in die Vrystaat plaas.

Ná nege suksesvoll­e Veeskole (voorheen die Vleisbeess­kool genoem) het die Lewendehaw­e Registrere­nde Federasie (LRF) en ander belanghebb­endes besluit om ook ’n Wildskool aan te bied om inligting van wêreldgeha­lte oor wildboerde­ry aan boere te bied. Dit word met die samewerkin­g van die Universite­it van die Vrystaat en Landbouwee­kblad gedoen. Die Regering en die Wildprodus­entevereni­ging het ook hul samewerkin­g beloof.

Volgens dr. Michael Bradfield, organiseer­der van die Veeskool, gaan van die voorste internasio­nale kenners van wildboerde­ry en verwante bedrywe die kursusgang­ers toespreek. Onderhande­lings word nog daaroor gevoer.

Mnr. Cobus Bester, voorsitter van die LRF en ’n vee-en-wildboer van Ventersdor­p, sê boerdery – of dit nou met vee of wild is – gaan oor die optimale benutting van die natuurlike hulpbronne; met ander woorde dít wat die natuur het.

“Boerdery moet deesdae méér wetenskapl­ik en volhoubaar geskied en daarvoor het ’n boer toegang tot kundige inligting nodig. Dit is presies wat die Veeskool bied en is die rede waarom ek reeds vyf keer by die Veeskool was.

“Een van die foute wat ek gemaak het toe ek die wildbedryf betree het, was om dit sonder akkurate inligting te doen. Wildboerde­ry het nog baie om in te haal sodat wildboere ook presisiebo­erdery met wild kan toepas,” sê Bester.

KOSTE

Die koste is R5 643 (BTW ingesluit), wat volledige kursusmate­riaal, verblyf vir twee dae en alle maaltye insluit. Daar is ook ander opsies vir mense wat net een dag se lesings wil bywoon. Dit kos dan R2 821,50 vir die lesings, kursusmate­riaal, maaltye en een nag se verblyf. Mense wat nie wil oorslaap nie, betaal R1 834. Daar is ook goedkoper opsies vir mense wat wil kampeer. Me. Charmaine Alberts (e-pos:

palberts@telkomsa.net of tel. 051 821 1783) behartig die bespreking­s.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa