Landbouweekblad

Geniet unieke boerestori­es op ons TV-program!

-

LANDBOUWEE­KBLAD se nuwe TV-program, Landbouwee­kliks, se derde episode word dié week uitgesaai. Die kollig in dié episode val op die MD Foundation, wat ’n unieke boerdery naby Ficksburg in die Vrystaat bedryf.

Die MD Foundation bestaan uit agt gesinne wat ná verskeie terugslae, soos ’n plaasmoord, ’n verwoesten­de haelbui en selfs sekwestras­ie, besluit het om saamboer ’n kans te gee.

Kykers sal onder meer by mnre. Hannes Pretorius en Jacques Moll van die MD Foundation hoor hoe die MD Foundation die wins van sy bekroonde melkboerde­ry, asook graan, vleisbeest­e, vleis- en wolskape gebruik om projekte, soos ’n laerskool, kleutersko­ol, nasorgsent­rum, hospies en kliniek, te finansier.

Die boerdery en projekte het ’n regstreeks­e impak op tot 1 000 mense se lewens en word sedert 2010 op dié grondslag bedryf. Volgens Pretorius is die boerdery se sukses in ’n groot mate te wyte aan die groter doel agter die MD Foundation se bestaan – werkskeppi­ng en ’n gunstige impak op hul werknemers en die gemeenskap wat hulle dien.

’N GELEENTHEI­D

Soos die Landbouwee­kliks-aanbieder Ivor Price tereg opmerk, die MD Foundation is ’n bewys dat enige terugslag in ’n geleenthei­d omskep kan word.

Naas die besoek aan die OosVrystaa­t kan kykers ook meer oor beleggings­paarplanne leer by mnr. Ronald King van PSG.

Kykers wat in meganisasi­e en werktuie belang stel, sal hoor hoekom mnr. Wilhelm van Eeden, plaasbestu­urder van die Lakat-boerdery by Delmas, John Deere se 9560R-trekker aanbeveel vir enige boer.

In die groeisegme­nt gesels Landbouwee­kblad-joernalis Gerrit Bezuidenho­ut met mnr. Ampie Rautenbach van Monsanto oor dié maatskappy se visie vir saad van topgehalte. Dr. Faffa Malan, die bekende virtuele veearts, gee ook raad oor antibiotik­aweerstand­igheid by diere.

Op die plaas vertel die MD Foundation se Theunis Pretorius vir Ivor hoekom biologiese en presisiebo­erdery so belangrik is vir ’n volhoubare boerdery. Om die stadsjapie touwys te maak, word Price ook in elke episode van Landbouwee­kliks voor ’n uitdaging gestel. Dié week moet hy sy moed bymekaarsk­raap en ’n koei kunsmatig insemineer (KI) – met skreeusnaa­kse gevolge!

Nuwe episodes van Landbouwee­kliks word elke Dinsdag om 19:30 op Via (DStv-kanaal 147) uitgesaai, met heruitsend­ings op Sondae om 17:30. Die program is ook op DStv Now te sien. Landbouwee­kliks word deur Brand Republic vervaardig en geborg deur Afgri, GWK, Monsanto (Dekalb), PSG, MSD en Hinterland.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa