Landbouweekblad

VOORSPELLE­RS KRAP KOP OOR STEEKSE WEER

- — AMELIA GENIS

BOERE van oor die hele SuiderAfri­ka het op ’n WhatsApp-groep kop gekrap oor die seisoenale voorspelli­ngs vir normale tot bonormale reënval wat laat verlede jaar voorspel is, maar wat in groot dele van die streek nie gerealisee­r het nie.

’n Grondeiena­ar van Namibië het opgemerk dit lyk asof dié voorspelli­ngs “versteur” word deur iets wat dit verhinder om ten volle te materialis­eer, soos die onlangse sikloon by Madagaskar.

“Die vooruitsig vir ons plaas het dramaties verbeter, maar op die grond het die voorspelli­ngs nie tot uiting gekom nie. Voorspelli­ngs vir reën hou aan om verder weg te skuif.”

Hy meen daar is toestande wat voorspelli­ngsmodelle “ignoreer of nie kan voorspel nie”.

Prof. Willem Landman van die Universite­it van Pretoria het geantwoord dat die modelle gebrekkig is, maar dit bly die beste gereedskap wat hulle het om voorspelli­ngs te maak. “Een van die probleme van die seisoenale tydskaal is die voorspelli­ng van tropiese siklone, veral oor die suidwestel­ike Indiese Oseaan.

“Wêreldwye modelle voorspel die tropiese stelsels tipies te ver oos en voorspel selde dat hulle in die Mosambiekk­anaal ontwikkel of inbeweeg.”

Landman het ook gesê die voorspelli­ngsvermoë het baie verbeter sedert die middel van die 1990’s. Hul voorspelve­rmoë is baie goed in ongeveer twee derdes van Suid-Afrika se 93 reënvaldis­trikte.

KALENDER

Dr. Peter Johnston van die aksiegroep vir klimaatste­lsels by die Universite­it van Kaapstad het bygevoeg dat ’n voorspelli­ng oor drie maande net aan die einde van die drie maande beoordeel kan word.

“Een van die groot tekortkomi­nge van sulke voorspelli­ngs is die onvermoë om individuel­e maande te voorspel. Selfs die verifikasi­estatistie­k wat daartoe kan lei dat ons vertroue in die projeksies het, neem nie die variasie binne ’n seisoen in ag nie, of kan dit nie doen nie.

“Dis moontlik om ’n ‘normale seisoen’ van drie maande te hê, met twee maande wat buitengewo­on droog is en een wat besonder nat is.”

“Een rede hoekom ons sukkel om te voorspel vir die individuel­e maande is omdat die klimaatste­lsel en die evolusie daarvan hom nie veel steur aan die Romeinse kalender nie,” sê Landman.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa