Landbouweekblad

VOLG DIÉ STAPPE

-

Riglyne wat boere kan volg wanneer hulle die probleem van onwettige jag met honde probeer oplos, is op onlangse samespreki­nge met die polisie ter tafel gelê. Die riglyne is:

■ Pas Agri SA se toegangspr­otokol toe en vertoon die toepaslike kennisgewi­ng by ingange en grensheini­ngs. Sluit hekke en maak beskadigde omheinings reg.

■ Meld elke geval van onwettige jag met honde by die plaaslike polisiekan­toor aan en hou rekord van alle saaknommer­s.

■ Die misdaadton­eel moet onaangeraa­k gelaat word totdat die polisie bewyse, soos voertuigba­ndafdrukke en spore, versamel en aangeteken het. Bewaar die bewysstukk­e wat nie verwyder kan word nie. Teken die name en adresse van moontlike getuies aan, moenie die feite met getuies bespreek nie en maak aantekenin­ge oor die posisie van voertuie, verdagtes, honde, hekke en heinings. Waar moontlik, neem foto’s van voertuie, honde en verdagtes.

■ Maak seker dat daar nie verdere verdagtes in die nabyheid is nie.

■ Betrek die naaste DBV om behulpsaam te wees met die konfiskeri­ng van die honde.

■ In die geval van skade wat deur honde veroorsaak is, moet grondeiena­ars ’n saak van kwaadwilli­ge beskadigin­g van eiendom aanhangig maak en aandring op ’n vergoeding­sbedrag.

■ Indien jagbedrywi­ghede voorheen toegelaat is en die grondeiena­ar dit nou wil beëindig, moet ’n regsprosed­ure gevolg word om onder meer bure, huurders en gemeenskap­slede daarvan in kennis te stel.

■ Boereveren­igings moet die plaaslike vervolging­sowerheid betrek by vergaderin­gs waar hulp met die hantering van voorvalle bespreek word.

■ Gebruik die plaaslike prioriteit­skomitee om aksieplann­e te ontwikkel om die probleem te pak, soos patrollies en bewusmakin­gsprogramm­e.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa