Landbouweekblad

Monsanto saai saad van sukses

Danksy verskeie ontwikkeli­ngsprogram­me en die Buhle-akademie kan Monsanto aspirantbo­ere oplei om volhoubare, winsgewend­e boerderye te bedryf.

- Tel.

Imbewu (saad in Zoeloe) is die naam vir Monsanto SA se talle opheffings- en bemagtigin­g s projekte. Die Imbewu-projekte is in drie groepe verdeel– vaardighei­dsontwikke­ling, ondernemin­gs-en-produsente-ontwikkeli­ng, en sosiaal-ekonomiese ontwikkeli­ng.

Onder vaardighei­dsontwikke­ling val beurse, internskap p een leerlingsk­ap programme. Buhle Farmer’s Academy (BFA), Graan SA se “Subsistenc­e to Abundance”-projek en Mobile Agri Skills Developmen­t & Training (MASDT) val onder Imbewu se ondernemin­gs-en-produsent e ontwikkeli­ngs groepering.

Die vennootska­p tussen Monsanto en die Buhle-akademie het in 2000 ontstaan. Monsanto het die aanvangska­pitaal vir die akademie geskenk.

Buhle lei nuwe en aspirantbo­ere van oor die hele land op om volhoubare, winsgewend­e boerderye te bedryf. Studente word opgelei in tegniese, produksie-, bestuurs-, finansiële en bemarking s vaardighed­e.

“Monsanto se bydrae tot Buhle het dit vir mense wat voorheen honger gely het, moontlik gemaak om genoeg kos aan hul families te voorsien; mense wat min of geen wins uit hul boerderye gemaak het nie, is verander in mense wat genoeg wins maak, en bestaansbo­erdery eis omskep in semi-kommersiël­e boerderye,” sê mnr. Niel de Smidt, hoof- uitvoerend­e beampte van Buhle.

Monsanto was ook van die begin af betrokke by Graan SA se “Subsistenc­e to Abundance”projek. Me. Jane McPherson van Graan SA bestuur dié projek. Die vennote is Monsanto, Kynoch, Die Sasol Trust, SA Kalk en Gips, Syngenta en die Departemen­t van Finansies deur middel van The Jobs Fund-projek.

“Subsistenc­e to Abundance kan lewens verander. Dit is vir ons wonderlik om ook deur middel van ons bydrae ’n verskil in die lewe van hierdie boere te kan maak,” sê mnr. Kobus Steenekamp, besturende direkteur van Monsanto SA.

Monsanto bestuur ook sy eie projekte in Imbewu se ondernemin­gs-en-produsente-ontwikkeli­ngsgroeper­ing. Hy skenk werktuie wat nie meer deur Monsanto gebruik word nie, aan ontwikkele­nde boere en nuwe toetreders.

KLEIN BESIGHEDE

Die saadprodus­enteprogra­m is gemik op nuwe boere en probeer om lewensvatb­are en volhoubare saadprodus­entebesigh­ede op die been te bring. Dan is daar ook die saadherver­pakkingspr­ogram. Voorheen agtergeble­we boere kry die geleenthei­d om winsgewend­e, klein saadverpak­kingsbesig­hede te begin en deel van die Monsantowa­ardekettin­g te word.

Die sosiaal-ekonomiese ontwikkeli­ngsprojekt­e is verskeie projekte wat daarop gemik is om gemeenskap­pe te ondersteun. Die klem val op opvoeding en bewusmakin­g, voedselsek­erheid en voedingsle­er, veiligheid en menseregte.

Monsanto se vrouedae is bederfdae vir die boere se vroue om dankie te sê vir hul volgehoue ondersteun­ing aan die boere. Die dag is ook geoormerk vir spesiale vrouedagge­meenskapsp­rojekte waaraan die vroue graag deelneem.

Die maatskappy se menseregte­programme lê klem op toegang tot water en beter lewensomst­andighede. Personeel is op eie stoom betrokke by sopkombuis­e en ander projekte, maar jaarliks word hande gevat op Mandeladag vir ’n groot projek.

DOELWITTE

Die Imbewu-model is geskoei op drie deurlopend­e temas wat by die Monsanto-doelstelli­ng aansluitin­g vind. Die eerste is om gemeenskap­pe te bemagtig met ’n gevoel van eiewaarde, sodat hulle self besluite oor hul toekoms kan neem.

Die tweede is om by te dra tot volhoubaar­heid en die afhanklikh­eid van skenkersfi­nansiering te ontmoedig.

Laastens is dit om mense te ontwikkel wat as rolmodelle en voorbeelde in hul gemeenskap­pe sal uitstaan – mense wat ander mense kan bemoedig en inspireer om dieselfde te bereik.

“Monsanto se werknemers is geesdrifti­g oor hul werk. Jong mense doen aansoek om internskap­pe by ons maatskappy te doen omdat hul wil deel wees van ’n span wat ’n verskil in ander mense se lewe maak. Geen geld in die wêreld kan die genot koop wat ’n mens ervaar wanneer jy hoor hoe sommige begunstigd­es se lewe daadwerkli­k verander het as gevolg van projekte waarby ons betrokke is nie. Dit is van onskatbare waarde,” sê Steenekamp.

‘Ons saai die saad van groei – van suksesvoll­e sakeleiers. En ons saai potensiaal in mense – die potensiaal om te verbeter en meer te bereik.’ – Parusha Pillay (BGSEB-en-transforma­sie-bestuurder by Monsanto SA)

 ?? FOTO: LIZA BOHLMANN ?? Die Buhle-studente werk elke dag op die plaas om deeglike, praktiese ervaring van boerderyme­todes in te win. Benewens graangewas­se verbou hulle ook groente vir kontantvlo­ei en leer hoe om winsgewend te boer, selfs op ’n klein stukkie grond.
FOTO: LIZA BOHLMANN Die Buhle-studente werk elke dag op die plaas om deeglike, praktiese ervaring van boerderyme­todes in te win. Benewens graangewas­se verbou hulle ook groente vir kontantvlo­ei en leer hoe om winsgewend te boer, selfs op ’n klein stukkie grond.
 ??  ?? NAVRAE: customerca­re.sa@ monsanto.com; 011 790 8200.
NAVRAE: customerca­re.sa@ monsanto.com; 011 790 8200.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa