Landbouweekblad

’n Bootvaart met ’n verskil

Wees jou gesin se held en neem almal van 9-13 April 2018 saam op Laeveld Agrochem se Landbou Seil-Safari. Buiten al die kennis wat oorgedra gaan word, sal daar ook avonture en fotogeleen­thede wees saam met van Suid-Afrika se topsangers en -akteurs.

-

Insetversk­affers het al jare lank die behoefte om kennis en inligting op ’n groter en profession­ele forum aan Suid-Afrikaanse produsente oor te dra – nie net oor nuwe geleenthed­e en die nuutste tegnologie nie, maar ook oor die jongste beskikbare produkte sodat produsente beter, slimmer en winsgewend­er kan produseer.

GESELS SAAM

Produsente het ook die behoefte gehad om skouers te skuur met van hul suksesvoll­e medeprodus­ente en om by mekaar te kan leer wat werk en wat nie werk nie.

Bestaande produsente­dae en kongresse is te formeel met min tyd vir vrae en antwoorde of om op ’n informele manier idees uit te ruil. Produsente het nog minder tyd omdat hulle hulle gewoonlik ná die tyd moet terughaas na hul gesinne toe of die hele tyd oor hul veiligheid bekommerd is, terwyl hul eintlik aan die aanbieding­s wil aandag gee.

GESINSPRET

Vir die eerste keer gaan hierdie situasie egter nou verander. Laeveld Agrochem nooi produsente om hul gesinne saam te bring en te ontspan tydens ’n week lange luukse bootreis met alles wat hulle nodig het om hul batterye te herlaai.

Die bootreis bied ook aan produsente die geleenthei­d om by die beste kenners in hul onderskeie vakgebiede wêreldwyd te kom leer. Dié avontuur kan saam met van Suid-Afrika se suksesvols­te produsente beleef word.

Die hoofdoel van die bootreis is om in ’n ontspanne omgewing te leer by diegene wat reeds die wiel ontdek het. Dit is nie nodig om eers skoolgeld te betaal nie.

Die aanbieding­s sal byna sonder uitsonderi­ng vir die eerste keer in Suid-Afrika aangebied word. Laeveld Agrochem is daarvan oortuig dat meer as genoeg kennis oorgedra gaan word om elke produsent na die volgende vlak in die bedryf te neem.

Daar gaan reguit en hard gepraat word en kenners sal suksesse en geheime bespreek. Daar sal ook baie geleenthei­d wees om privaat met van die sprekers te gesels, vrae te vra en idees uit te ruil.

Soos beloof, sal daar op die boot meer as genoeg spesiale aanbieding­e wees vir produsente om só die koste van die vaart die moeite werd te maak.

WERK EN SPEEL

Of jy die vaart gaan bywoon om te ontspan, jou gesin te bederf, gehaltetyd deur te bring saam met mense wat dink en droom soos jy, jouself beter toe te rus en te bemagtig met kennis, of omdat jy ernstig is om jouself in hierdie mededingen­de mark van die res te onderskei, daar sal beslis vir almal meer as genoeg idees wees om huis toe te neem om ná die tyd te herkou.

Wees dus deel van die geskiedeni­s, belê in jouself en jou ondernemin­g, en kom reis saam op die eerste boortvaart in sy soort. Jy sal nooit weer terugkyk nie en gaan herinnerin­ge bou wat jou ’n leeftyd sal hou.

Plek is beperk. Bespreek daarom betyds ’n kajuit op die boot volgens jou persoonlik­e voorkeure. NAVRAE: E-pos: admin@namast.co.za; webwerf: www.seilsafari.co.za; tel. 066 359 1439.

 ??  ??
 ?? FOTO’S: VERSKAF ?? BO: Laeveld Agrochem se Seil-Safari is ’n unieke ekspedisie vir produsente en hul gesinne om die eerste produsente­dag op water te beleef. REGS: Produsente moet gou spring om hul plekke op die boot te bespreek. Die kajuite is gerieflik en verskeie...
FOTO’S: VERSKAF BO: Laeveld Agrochem se Seil-Safari is ’n unieke ekspedisie vir produsente en hul gesinne om die eerste produsente­dag op water te beleef. REGS: Produsente moet gou spring om hul plekke op die boot te bespreek. Die kajuite is gerieflik en verskeie...
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa