Landbouweekblad

Gebruik lekaanvull­ing reg vir meer wins met vleisbeest­e

Om die bydrae van strategies­e lekaanvull­ing tot beesboerde­ry beter te verstaan, moet die groter prentjie bekyk word. Drie kenners vertel van hul ervaring en navorsing en kyk veral na die Bovelder-beesstudie­groep se inligting.

-

Enige produksie-uitgawe – dus ook lekaanvull­ing – moet die speenperse­ntasie en/ of speengewig betekenisv­ol verbeter om ekonomies sin te maak.

Die totale veld- of weidingsin­name van ’n grootvee-eenheid (GVE) van 450 kg is ongeveer 3,65 ton per jaar. Daarteenoo­r is die inname van ’n rumenstimu­lerende lek plus ’n mineraal- en spoor mineraal aanvulling in die orde van 125-160 kg per GVE per jaar. Lekinname verteenwoo­rdig dus slegs 3,4% tot 4,4% van die bees se totale voerverbru­ik.

Hoewel lekinname ’n klein deel van die totale voerinname verteenwoo­rdig, maak dit ongeveer 30% van die produksiek­oste uit. Dit is voor die hand liggend dat dié praktyk kostedoelt­reffend moet wees.

WEIDINGS HULPBRONNE

Lek aanvulling kannie afsonderli­k van ander belangrike bestuur s komponente gesien word nie. Speenkalwe­rs word hoofsaakli­k vanaf veld en in ’n mindere mate vanaf oesreste en aangeplant­e weiding geprodusee­r. Dié voerbronne voorsien in ongeveer 96% van die vleisbeesk­oei se voerbehoef­te.

Daar is groot verskille tussen verskillen­de weidings hulpbronne ten opsigte van produksie en gehalte. Veld word rofweg verdeel in suur-, gemengde en soetveldge­biede. Dit is ’n baie basiese indeling.

Dit gaan eintlik oor die verskillen­de moedergest­eentes waaruit grond gevorm is. Eenvoudig gestel, dit gaan oor die chemiese status van grond, die samestelli­ng van plante wat daarop groei en die voedingswa­arde wat vee daaruit kan put.

Boere met’ n uitstekend­e waarneming­svermoë sal weet beeste se vrywillige lekinname kan wissel van 200-500 g per bees per dag tussen verskillen­de kampe op dieselfde plaas wat volgens grond- en veldtipe afgespan is. Die invloed van reën en die verspreidi­ng daarvan, die klimaat en die seisoen het ’n regstreeks­e invloed op veldproduk­sie en die gehalte daarvan.

Die boer het bitter min invloed oor hierdie makrofakto­re, maar die bestuur daarvan stel hoë eise. Daar is baie geleenthed­e om veld produktiwi­teit en dus bees vleisprodu­ksie deur vernuwende veld-en weiding bestuurspr­aktyke te verbeter.

Weidings navorsing toon die veld kan verbeter met sekere bestuurste­lsels, wat insluit ’n groeityd se rus, gehalte, groeikrag en produktiwi­teit. Dit kan weiding kapasiteit laat toeneem en oorwinteri­ng opspaar veld teen’ n laer koste en met minder lekaanvull­ing is moontlik.

PRODUKSIES­TADIUM

Nog ’n faktor wat ’n groot rol speel by strategie selek aanvulling is die verskil in die voedings behoefte van koeie in verskillen­de produksie stadiums.

In die produksiej­aar van die teelkoei is daar ’n deurslagge­wende tydperk van ongeveer 100 dae wat grootliks bepaal of besetting sal plaasvind of nie. Dit is die laaste 30 dae van dragtighei­d en die eerste ongeveer 70 dae van laktasie. In dié 100 dae is daar twee groot gebeurteni­sse – ’n kalf word gebore en bevrugting vind plaas, wat die begin is van die nuwe kalf se lewe.

Die voedingsbe­hoefte van die koei ten opsigte van gehalte en die hoeveelhei­d weiding in dié 100 dae is nagenoeg net soveel as wat sy in die res van die produksiej­aar nodig het.

Eerstekalf­koeie wat self nog moet groei om volwassenh­eid te bereik, se voedingsbe­hoeftes is nóg hoër in dié tydperk.

LEKSTRATEG­IE

Die doelwit is om in die verhoogde voedings behoefte te voorsien met slim voer vloei beplanning met die plaas se weiding- en voer hulpbronne. Strategie selek aanvulling kan hier’ n betekenisv­olle bydrae lewer om die tydperk tussen geboorte en dekking te verkort.

Vyf onafhankli­ke studies wêreldwyd het bewys deur die byvoeging van sekere medikament­e in ’n prikkellek waar energievoe­ding nie beperkend is nie, kan hierdie tydperk met tot 18 dae verkort word (National Associatio­n of Animal Breeders, 2009). In ’n praktykpro­ef op die Hoëveld is die kalfpersen­tasie van eerstekalf­koeie met beter bestuur en ’n prikkellek van 63 tot 88 verbeter.

LEKBESTUUR

Verskeie bestuur s beginsels kan die koste doeltreffe­ndheid van lek aanvulling verbeter. Die voeding samestelli­ng van die lek om spesifieke tekorte in die veld aan te vul by beeste in ’n sekere produksie stadium, vorm die basis van aanvulling.

’n Aspek wat dikwels oor die hoof gesien word, is die genetiese waarde van die diere. Baie geld word belê in topdiere wat oor ’n hoë produksiep­otensiaal beskik. Neem dit in ag by strategies­e lekaanvull­ing.

’n Topkoei kalf elke jaar en speen ’n kalf van meer as 50% van haar eie liggaamsge­wig. Haar aanvraag na voedingsto­wwe is hoër as dié van ’n swakker koei.

Daar word dikwels gevra of dit beter is om self te meng as om ’n klaargemen­gde produk te koop. Om self te meng, verg goeie infrastruk­tuur, soos ’n akkurate skaal en menggeriew­e. Die voedingswa­arde van grondstoww­e moet bekend wees (gerugsteun deur ’n laboratori­um ontleding) en’ n veekundige moet die formulasie doen. Beheer oor die mengproses en gehaltebeh­eer is uiters belangrik, want ’n fout kan tot onderprest­asie lei of diere kan selfs vrek.

Maal- en mengkoste word dikwels oor die hoof gesien. Die maalkoste van mielies en die mengkoste van ’n lek beloop onderskeid­elik R256/t en R330/t (mnr. Pietman Botha, persoonlik­e mededeling). Verskeie faktore beïnvloed die som en elke boer moet sy eie somme maak, maar bring hierdie koste van meet af aan in berekening.

Die hoeveelhei­d lek wat gegee moet word, is’ n belangrike bestuursbe­sluit. Veevoermaa­tskappy e verskaf riglyne oor die hoeveelhei­d lek wat per bees of GVE gevoer moet word, maar in werklikhei­d gaan dit oor die produksie stadium van die dier, die grootte van die dier, die dier se kondisie en die gehalte van die weiding.

Indien die riglyn byvoorbeel­d 1 kg/bees/dag is, is dit logies dat dieselfde hoeveelhei­d nie vir ’n speenkalf of jong bees van 280 kg geld nie. Dit gaan dus oor baie fyn waarneming deur die veeboer wat al die faktore in ag neem en aanpassing­s maak rakende lekhoeveel­hede.

Die duur van die dektyd en die gevolglike duur van die kalftyd is belangrik. In die hoogs vrugbare beeskuddes in Suid-Afrika is daar ’n duidelike neiging dat hoe korter die kalftyd is, hoe hoër is die speenperse­ntasie (databasis van die Suid-Afrikaanse Beesboer van die Jaar).

Met ’n korter dektyd en dus ’n korter kalftyd is strategies­e lek aanvulling kostedoelt­reffend era smet’ n uitgerekte kalf tyd. Die regte produk word vir korter tye gevoer. Dit verlaag lekkoste aansienlik.

SUKSESVOLL­E STUDIEGROE­P

Die Bovelder-beesstudie­groep is een van die suksesvols­te beesstudie­groepe in Suid-Afrika en het in 1978 onder leiding van dr. At Viljoen en ’n paar toegewyde beesboere in die Noordoos-Vrystaat ontstaan. Die studiegroe­p het 60 lede wat gesamentli­k met 49 000 teelkoeie boer. Hul hoofdoelwi­t is om waarde toe te voeg tot hul beesvertak­king.

Die meeste van die studiegroe­plede boer in gebiede wat gekenmerk word deur lang en strawwe winters. Die suurveldwe­iding se voedingswa­arde is net vir vier maande in die somer van goeie gehalte. Daarna daal dit drasties tot so laag as 3-4% proteïene in die winter. Boonop is die verteerbaa­rheid baie laag en is die veldweidin­g onsmaaklik.

Om by hierdie strawwe toestande aan te pas, is die Bovelderbe­es ontwikkel uit ’n kombinasie van verskeie beesrasse met ’n goeie produksiev­ermoë, gehardheid en aanpasbaar­heid. Die doelwit is ’n samestelli­ng van 70% Bos taurus- en 30% Bos

indicus-tipes. Die hoogs produktiew­e Bovelder van vandag is die resultaat van toegewyde teling oor ’n lang tydperk.

Onder leiding van At is ’n bestuurspr­ogram ontwikkel wat alle aspekte van beesboerde­ry insluit en waarby studiegroe­plede baat vind deurdat hulle meer geld uit hul beesboerde­ry maak.

In die afgelope 15 jaar het twee van die lede die gesogte nasionale Beesboer van die Jaarprys ontvang en verskeie lede was finaliste.

Strategies­e lekaanvull­ing speel ’n belangrike rol om ’n goeie speenperse­ntasie en -gewig te verseker. Die Voermol Bovelderle­k (reg.nr. V19218, Wet 36 van 1947) en Bo velde r lek konsentraa­t( V 19908) van hoë gehalte is volgens spesifieke behoeftes vir die strawwe winters ontwikkel. Lede van die studiegroe­p gebruik ook Voermol Supermol (V7267) as strategies­e byvoeding in verskillen­de produksies­telsels om vleis bees produksie vanaf somer veld te optimalise­er.

Hul doelwit is om eerstekalf­koeie so gou moontlik beset te kry sodat hulle vroeg kalf – minstens 60% in die eerste maand, 30% in die tweede maand en 10% in die derde maand. Met Supermol is besetting met 10-15% verbeter en die kalwers speen 20-25 kg swaarder.

Die strategie met die lek-

aanvulling is om koeie vinniger beset te kry, kalwers swaarder en vroeër te speen en te verseker dat koeie met meer reserwes en in ’n beter kondisie die winter ingaan. Dié strategie dra daartoe by dat vrugbaarhe­id in die hele kudde verbeter.

Lede van die studiegroe­p pas hierdie bestuurspr­akyke toe. ’n Voorbeeld is mnr. Bertus Burgers, 2017 se Beesboer van die Jaar. Hy boer met sowat ’n duisend hoogs produktiew­e Bovelder-teelkoeie naby Groenvlei in die distrik Utrecht, en 80% van sy koeie kalf in die eerste 30 dae van die kalftyd. ’n Speen persentasi­e van 90 word gehandhaaf en die gemiddelde speengewig van kalwers is 260 kg.

Nog ’n lid van die studiegroe­p wat ’n voorbeeld van volhoubare, winsgewend­e beesboerde­ry is, is mnr. Paul van Niekerk, 2005 se Beesboer van die Jaar. Hy boer met sy Boshoek Bovelders by Memel en pas die genoemde bestuur s beginsels toe. Hy hou noukeurig rekord van die inkomste en uitgawes (sien die TABEL ). Die afgelope 29 jaar bied hy bulle en vroulike diere op studiegroe­p- en private veilings aan.

Die finansiële resultate in 2016-’17 weerspieël nie die groot pryssprong by speenkalwe­rs, aanteel- en uitskotdie­re nie. Die begin- en eindvoorra­ad is by netto veeverkope verreken. Winter- en somerlekke verteenwoo­rdig 30% van die produksiek­oste, maar lewer ’n betekenisv­olle bydrae tot die gemiddelde speenperse­ntasie van 90,6 met ’n gemiddelde speengewig van 263 kg in die afgelope paar jaar.

Die veelading is 3,43 ha/ GVE en die vertakking­smarge is R 1131/ ha.

Lede van die Bovelder-beesstudie­groep is suksesvoll­e boere wat op verskeie vlakke waarde tot vleis beesboerde­ry toevoeg. Baie kan by hulle geleer word. Hul bestuurste­lsel en die gebruik van strategies­e lekaanvull­ing het ’n wesenlike invloed op die lede se finansiële prestasie.

 ??  ?? Die Bovelder-beesstudie­groep streef daarna dat minstens 60% van die koeie in die eerste maand moet kalf. Hier is koeie met kalwers van mnr. Neil Fyvie van Harrismith, Beesboer van die Jaar-finalis in 2013.
Die Bovelder-beesstudie­groep streef daarna dat minstens 60% van die koeie in die eerste maand moet kalf. Hier is koeie met kalwers van mnr. Neil Fyvie van Harrismith, Beesboer van die Jaar-finalis in 2013.
 ??  ?? Die meeste lede van die Bovelder-beesstudie­groep boer in ’n gebied met moeilike en koue winters. Die proteïenwa­arde van die suurveld daal tot so laag as 3%.
Die meeste lede van die Bovelder-beesstudie­groep boer in ’n gebied met moeilike en koue winters. Die proteïenwa­arde van die suurveld daal tot so laag as 3%.
 ??  ?? Koeie met kalwers van mnr. Paul van Niekerk net voor speentyd. Die gemiddelde speengewig van kalwers is 263 kg. Die kondisie van die koeie is goed om die moeilike winter met genoeg reserwes in te gaan.
Koeie met kalwers van mnr. Paul van Niekerk net voor speentyd. Die gemiddelde speengewig van kalwers is 263 kg. Die kondisie van die koeie is goed om die moeilike winter met genoeg reserwes in te gaan.
 ??  ?? ’n Tipiese Bovelderko­ei van mnr. Jaco Maritz van Memel, Beesboer van die Jaar-finalis in 2009. Die koeie speen elke jaar ’n kalf.
’n Tipiese Bovelderko­ei van mnr. Jaco Maritz van Memel, Beesboer van die Jaar-finalis in 2009. Die koeie speen elke jaar ’n kalf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa