Landbouweekblad

SA IN 2017 NETTO INVOERDER VAN SUIWEL

- — CARIEN KRUGER

DIE invoer van suiwelprod­ukte het verlede jaar die hoogte ingeskiet. Die Suid-Afrikaanse Melkproses­seerdersor­ganisasie (Sampro) sê in sy jongste verslag oor markaanwys­ers in die melkbedryf die beraamde styging in invoer, wat in gewig gemeet is, kan hoofsaakli­k toegeskryf word aan groter invoer in twee invoerkate­gorieë. Die twee is naamlik melk en room en gekonsentr­eerde melk.

Met die bekendstel­ling van die verslag was die syfers nog ’n beraming vir die volle jaar en gegrond op syfers vir die eerste agt maande van die jaar.

Volgens die raming was verlede jaar slegs die tweede jaar sedert 2007 dat Suid-Afrika ’n netto invoerder van melk en room was.

In 2017 is na raming 7% minder suiwelprod­ukte vergeleke met die vorige jaar uitgevoer.

Suid-Afrika was wél ’n netto uitvoerder in die kategorie karringmel­k en jogurt.

MINDER VARS MELK VERKOOP

Wat plaaslike verkope betref, was talle produkte se verkope in die 12 maande tot September 2017 laer as in die vorige 12 maande ( TABEL ). Produkte waarvan die verkope gedaal het, is vars melk (4%), gegeurde melk (9,6%), jogurt (2,3%), roomkaas (8,7%) en botter (6,5%).

Produkte waarvan die verkope gestyg het, is langleweme­lk (2,5%), maas (2,2%), voorafverp­akte kaas (7,4%) en room (1,2%).

Die prys van vars melk het in dié tyd met slegs 0,2% gestyg, terwyl langleweme­lk se prys met 1,3% gedaal het.

Botter se prys het met 29,3% gestyg, dié van room met 5,3%, voorafverp­akte kaas s’n met 5,3%, jogurt met 1%, gegeurde melk met 9,2% en roomkaas met 8,3%, terwyl maas se prys met 0,6% gedaal het.

Mnr. Alwyn Kraamwinke­l, uitvoerend­e hoof van Sampro, sê die daling in verkope in sekere produkte is ongewoon.

“Dit dui op sterk afwaartse druk op die vraag na suiwelpro- dukte in Suid-Afrika,” sê hy. Die druk is volgens hom ’n gevolg van swak ekonomiese groei.

Die verkope van ander algemeen gebruikte voedselpro­dukte ervaar volgens Kraamwinke­l soortgelyk­e afwaartse druk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa