Landbouweekblad

VOERMOL BOVELDERLE­K HAAL DIE BYT UIT STRAWWE WINTERS IN SUURVELDGE­BIEDE

Hendrik van Pletzen, Tegniese Bestuurder, Tel. 083 456 3636

-

Die voedingswa­arde van suurveld daal geweldig baie in die winter en tekorte aan proteïne, minerale en spoorminer­ale kom algemeen voor. Een van die grootste uitdagings in suurveldge­biede met baie strawwe winters is om beeste koste doeltreffe­nd te oorwinter met die minimum gewigsverl­iese, en om goeie speen persentasi­es te verseker. Voer mol Bovelderle­k (V19218) is spesiaal geformulee­r om deur middel van beheerde inname, voedingste­korte in wintersuur­veld aan te vul.

VOORDELE EN GEBRUIKE VAN BOVELDERLE­K

Voermol Bovelderle­k is 'n klaargemen­gde onderhouds­lek vir beeste in suurveldge­biede met strawwe winters. Spesiaal geformulee­r vir gebiede waar vrywillige innames van gewone winter onderhoud s lekke te hoog is. Bevat voldoende hoeveelhed­e natuurlike proteïen en fosfor om beeste koste-effektief mee te oorwinter. Is 'n volledig gebalansee­rde lek wat die mikrobes in die grootpens stimuleer en inname en vertering van droë winterweid­ing aanhelp. Verskaf spooreleme­nte wat noodsaakli­k is vir optimum eetlus en vrugbaarhe­id. Help om droë galsiekte te voorkom aangesien melasse matig lakserend is.

VOEDINGS INSTRUKSIE­S

Begin betyds. In suurveldge­biede daal die voedingswa­arde van veld reeds in die herfsmaand­e en die intreedatu­m vir ryp is ongeveer die helfte van April. Begin dan reeds oorskakel van 'n oorgangsle­k na die Bovelderle­k. Voermol Bovelderle­k kan ongemeng as 'n onderhouds­lek gevoer word en die aanbevole inname is 400 – 650 g/bees/dag. Die inname van die lek sal beïnvloed word deur die kwaliteit van weiding en die produksies­tatus van die dier. Bovelderle­k kan ook met graan gemeng word om verskillen­de produksiel­ekke te gee( raadpleeg die Voer mol Produk handleidin­g vir meng instruksie­s ).

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa